November 2006


Ek is mal daaroor om uit te vind of te leer hoe iets werk, of selfs hoekom dit ophou werk het. Do Kwang het ‘n interessante paar vrae oor die natuur gehad, wat my nogal bly maak. Ek hou daarvan as mense vrae vra. Dis ook die groot in ding om deesdae vrae te vra oor wat jy glo, wat politici nou weer aanvang en selfs oor wat tog nou rerig in die verlede gebeur het. Maar daar is te min mense wat net wonder oor die wêreld rondom hulle. Hoekom is die lug blou? Hoekom kyk my DSTV skottel net in een rigting, wentel satelliete dan nie om die aarde nie? Hoekom maak my mikrogolfoond vonke as ek die vurk saam met my bord kos daarin sit?

Vra die vrae, en probeer antwoorde kry. As mens weet hoe iets werk kan jy moontlik ‘n beter een bou. As jy weet hoe iemand dink kan jy hom dalk oortuig van jou standpunt, of oortuig raak van syne. As jy weet wat iemand glo kan jy dalk in vrede met hom saamleef.

Advertisements

As jy op St Andrews speel, probeer te alle koste in die skoonveld bly.

Indien jy jouself egter in een van die vele sandkuile bevind, konsentreer op die korrekte tegniek en slaan deur die hou.

Lammervanger sê spoke maak hom bang. Ander goed klaarblyklik ook.

Die voorvader van die Barrys was een van William the Conqueror se vriende, en het hom gehelp om Engeland in te val in 1066. So beskryf Lawrence H. Parker, AB dit:

Even before the Norman Conquest of England, many Normans had taken up residence in England, just across the Channel. The mother of King Edward the Confessor was the daughter of Duke Richard of Normandy, and Edward himself received his education at the Norman Court. Becoming King of England in 1042 AD, he had appointed many of his Norman friends to positions of trust. As early as 1051 AD, his cousin William, Duke of Normandy, had visited England and obtained from the too complaisant Edward (who was childless) a promise that he should succeed to the English Crown. But upon Edwards death in 1065, the English Witan elected Harold, a Saxon nobleman, to the vacant kingship. Thereupon, Duke William commanded his feudal followers to gather their retainers for an invasion of Britain.
Among the Norman Barons who responded to this summons came our DE BARRI ancestor, whose surname was derived (as were so many *place names* used in those days to distinguish individuals) from La Barre in Normandy, according to the conclusions of Sir John Wolfe Barry, KCB, FRS, who has given this mater long and critical study.
Crossing the English Channel in 1066 AD, the Normans attacked the Saxons near the seaside town of Hastings. In the long and furious battle which ensued, the Barry battle-cry, *Boutez en avant* – press forward – was heard again and again as the DE BARRI foces plied their swords against the Saxon yeomen. The battle did not end until Harold, the Saxon King, was struck down by a Norman arrow. His followers fled, leaving the Normans masters of the field.

Die vorige keer wat die Bokke op Twickenham gewen het, het ek nog nie een van my grade gehad nie, is Prinses Di en Moeder Theresa kort tevore oorlede, het Ernie Els nog meer majors as Tiger Woods gewen (2-1), was Bill Clinton vroeg in sy tweede termyn, was Titanic die grootste Box Office hit, was Dolly die kloonskaap nog net 5 maande oud, was Hong Kong nog net 4 maande lank deel van China, het die Aarbaidersparty ‘n paar maande tevore die eerste keer in 18 jaar die verkiesing in die V.K. gewen, het Francois Steyn onder 10 rugby gespeel en het ek nog nooit ‘n meisie gehad nie. Dit was op 29/11/1997, en die telling was 29-11.

Dorothy wil die inhoud van ons handsakke of mansakke sien. Ek het nie ‘n handsak of mansak nie, maar gebruik gewoonlik my broek se sakke om alles in rond te dra (dis my selfoon daardie, ek is nie rerig so bly om jou te sien nie). Ek dump gewoonlik alles uit my broeksakke uit in my lessenaar se boonste laai, en vat weer wat ek nodig het wanneer ek huis toe gaan. Die gevolg is dat die goed wat ek nie weer nodig het nie daar opgaar. So my laai is die naaste wat ek aan ‘n handsak kom:

1 x motorsleutels
1 x blou highlighter
1 x Fine Foods pakkie mild mustard (die soort wat mens met jou tande stukkend skeur en op jou hotdog spuit)
1 x Fine Foods tamatiesous pakkie
1 x DB9 connector, male
1 x paspoort
1 x Bush draagbare radiotjie (walkman), gekoop by Argos. Om krieket te kan luister by die werk.
1 x sleutel vir werk se anonieme suggestion box
1 x usb verlengkoord
1 x salarisstrokie (November)
5 x CD-ROMs (drywers vir diverse goeters)
1 x leë banksakkie
1 x lëe, gebruikte koevert (posseël sê Isle of Man, moet seker van my Britse Bank af wees)
1 x sonbril
1 x beursie
1 x fotoblad van mede-werkers by maatskappy om almal se name te leer
1 x advertensie vir “Pepe Cuts – Unisex”

As ek kon surf sou my droom gewees het om die pororoca te gaan ry. Dis tidalwave wat onder ideale kondisies ontstaan in die Amazonerivier. Dit hou vir meer as ‘n halfuur aan sonder om te breek, so dit moet die ultimate wave wees.

The Longest Wave – video powered by Metacafe

Volgende Blad »