Een van die goed wat ek nooit gedoen het toe ons in Ingeland gebly het nie, was om te gaan kyk hoe die Bokke op Twickenham verloor. Nou bly ek nie meer daar nie, en die Bokke het miskien ‘n kans om nie te verloor nie. Nou werk dit so uit dat ek die naweek van die 2de toets tussen Die Bokke en die Rose op Twickers (25 Nov) myself op Heathrow lughawe gaan bevind, op pad Rusland toe. Nou kan ek natuurlik my reelings so tref dat ek toevallig ‘n dag oorstaan in Londen, en as ek dan toevallig ‘n kaartjie het, die rugby gaan kyk. Dis ‘n klomp toevallighede wat sal moet saamspeel, waarvan die een waaroor ek die minste beheer het die rugby kaartjie is. So nou gaan ek maar net skaamteloos vra: as jy ‘n kaartjie het, of kan kry, of weet van iemand wat een het, en dit vir my wil gee, laat weet my. Ek weet my kanse is kleiner as om die Romeense lotery te wen, maar dit kos niks om te vra nie (anders as die Romeense lotery).