Vir die wat opgelet het dat die blog nou effens meer pienk is, dit het niks met die naam te doen nie. Ook het ek nie besluit om uit die spreekwoordelike kas te kom nie. Nee, dis omdat Oktober borskankerbewustheidsmaand (is dit rerig een woord?) is. ‘n Hele klomp ander websites gaan pienk hierdie maand, en dis alles vir ‘n baie goeie doel. Volgens die dept. van gesondheid is die sleutel om dit vroeg te identifiseer. Ek belowe ek gaan my bes doen om dit te identifiseer waar ek kan.