Oktober 2006


Hoekom doen bloukopkoggelmanders pushups?

Advertisements

Een van die goed wat ek nooit gedoen het toe ons in Ingeland gebly het nie, was om te gaan kyk hoe die Bokke op Twickenham verloor. Nou bly ek nie meer daar nie, en die Bokke het miskien ‘n kans om nie te verloor nie. Nou werk dit so uit dat ek die naweek van die 2de toets tussen Die Bokke en die Rose op Twickers (25 Nov) myself op Heathrow lughawe gaan bevind, op pad Rusland toe. Nou kan ek natuurlik my reelings so tref dat ek toevallig ‘n dag oorstaan in Londen, en as ek dan toevallig ‘n kaartjie het, die rugby gaan kyk. Dis ‘n klomp toevallighede wat sal moet saamspeel, waarvan die een waaroor ek die minste beheer het die rugby kaartjie is. So nou gaan ek maar net skaamteloos vra: as jy ‘n kaartjie het, of kan kry, of weet van iemand wat een het, en dit vir my wil gee, laat weet my. Ek weet my kanse is kleiner as om die Romeense lotery te wen, maar dit kos niks om te vra nie (anders as die Romeense lotery).

Hierdie maand in Popular Mechanics (November uitgawe):

… off to Stellenbosch, where a team of young and distinctly clever scientists and technicians at SunSpace has designed and assembled a satellite destined for launch from a Russian submarine in December. Our visit to SunSpace provided us with a close-up look at the spacecraft dubbed SumbandilaSat, and a refreshing insight into its builders’ can-do attitude. Read “Going ballistic”, and be proud.

Ek wil nie aanstoot gee aan my vriende met Naspers konneksies nie, maar dis sommer baie cooler as om in Die Burger te verskyn (alhoewel my Ouma waarskynlik nie saamstem nie).

Donald Rumsfeld goes into the Oval Office to give the president the latest casualty statistics from Iraq. “A Brazilian was killed today,” he tells his boss.

Dubya looks devastated: “Oh no, that’s awful,” he cries. “Er, how many’s a brazillion?”

– Pool-gobler tipe ding in die swembad geinstalleer (dit suig al die blare en blommetjies en stuff wat bo-op dryf in). Dit werk soos ‘n bom, nou is ons swembad so na aan onderhoudsvry as wat mens kry.
– Ons gras gesny.
– Die pomp wat water uit die rivier pomp reg gemaak en ons tuin deurnat gepomp met rivierwater.
– Geswem in die swembad (24 grade celsius danksy die sonverhitting)
– Gebraai
– Rugby gekyk
– NIE gewerk NIE

Do Kwang se post oor straf en boosheid het my laat dink aan ‘n storie wat ons dominee (Breda Ludik) nou die dag vertel het in ‘n diens wat gegaan het oor vergifnis. In my eie woorde, en soos ek dit onthou het dit so iets gegaan:

By die WVK se publieke biegsessies in die jare 90 het daar ‘n polisieman getuig dat hy is as jong polisieman gestuur is om ‘n jong swart man te vermoor. Hy het toe so gemaak en het hy wil nou aan die ma sê hy is jammer en vra om vergifnis. Die hoof van die biegsessie het toe aan die vermoorde man se ma gevra of sy iets wil sê. Sy sê toe sy wil een ding van die polisieman hê:
Sy het nou al vir jare nie meer ‘n seun nie, en sy wil hê hy moet nou haar seun word. Hy moet vir haar kom kuier en bel om te hoor hoe dit gaan en alles doen wat ‘n seun vir sy ma sal doen. En sy sal hom dan aanneem as haar seun en hom liefhê as haar seun. Sy kan die wrok en haat bly dra oor haar vermoorde seun, maar as sy hom vergewe kry sy weer ‘n seun.

Volgens The Times:

Volgende Blad »