Hierdie is hoe ek (soms) gaan aantrek vir die volgende 4-5 weke, terwyl ons SumbandilaSat se finale toetse by Houwteq doen. Dit beteken egter dat ek nie vreeslik baie hier gaan kan uitkom nie, so dit mag dalk bietjie stil wees. Moet egter nie dinkdat jy jou nou mag wangedra nie, want die Pienk Zuit is orals, en hy hou rekening van alles wat jy doen. So gedra jou soos ‘n gentleman ten alle tye, en pasop vir die Oertel.