Ek bel vandag om blyplek te bespreek in Addo vir ons Oos-Kaap ekskursie, net om te hoor dis vol! Dis nog 6 weke voor die tyd, dis nie in die skoolvakansie nie, en reeds is dit vol! Op ‘n sekerre vlak is dit nogal goeie nuus, want dit beteken seker dat toerisme goed doen, en dus werk skep. Maar waar moet ek en die vroutjie nou bly as ons wil gaan grootvoete kyk? Enige voorstelle vir oulike blyplekke daar naby, asook ander oulike plekke om te besoek in die area sal waardeer word. Maeree het al ‘n paar goeie voorstelle gemaak, maar spesifieke blyplekke se name sal waardeer word. Die plan is vir so 2 nagte in Addo, en dan 2 nagte elders. Die res van die tyd word in P.E. spandeer.