Vandag is die internasionale “praat soos ‘n seerower “-dag. Rerig! Daar is selfs ‘n oulike S.A. weergawe (‘n bemarkingspoging van Virgin Mobile, maar tog oulik). So gaan lees hoe en gebruik jou kans om te roof, plunder en drink. Of ten minste om te praat soos iemand wat bogenoemde doen.

Dit het my ook laat dink; dalk moet daar meer sulke dae wees. Wat van ‘n nasionale “praaaat sooooos ‘n manakwalanner”-dag? Hulle kan dit laat saamval met die Calvinia Vleisfees.