Travelstart is waarskynlik een van die nuttigste webwerwe in Suid-Afrika. Jy tik in tussen waar en waar jy wil vlieg, en dit spoeg dan vir jou ‘n lys van die goedkoopste opsies uit. Hulle soek selfs op Kulula en 1Time se websites, so jy weet jy gaan die goedkoopste tarief kry. As jy eers jou kaartjie het kan jy daar soek vir goedkoop verbly ook.

Die webwerf is vinnig, maklik om te gebruik en eenvoudig. Nou is daar gelukkig geen rede meer vir my om van onbehulpsame reisagente gebruik te maak nie!