September 2006


Ons het voorstelle nodig vir musiek om te speel terwyl ons aan die satelliet werk. Vandag is ons playlist:

Moby – Play
Depeche Mode – Ultra
Coldplay – X&Y, A Rush of Blood to the Head
Alanis Morissette – Socalled Chaos

Dit gaan baie vinnig nie meer goed genoeg wees nie, so wat anders kan jy voorstel? Ons soek upbeat tipe musiek (om die mood te lig na lang ure en min slaap), en bonuspunte sal gegee word as dit inpas by die tema.

Advertisements

Pragtig, is sy nie?

Tekens waar ek hierdie maand werk:

Redelik duidelik wat hier binne gebeur. Hierdie week is 2de van bo aan die beurt.

Die alarm het gelukkig nog nie gelui nie.

Moet ek rerig weet wat AL hierdie tekentjies beteken?

Hierdie week se werkplek.

C.C. van Dyk het op ‘n tyd hier parkeer, voor die son sy naam van wit na blou verander het.


Hierdie is hoe ek (soms) gaan aantrek vir die volgende 4-5 weke, terwyl ons SumbandilaSat se finale toetse by Houwteq doen. Dit beteken egter dat ek nie vreeslik baie hier gaan kan uitkom nie, so dit mag dalk bietjie stil wees. Moet egter nie dinkdat jy jou nou mag wangedra nie, want die Pienk Zuit is orals, en hy hou rekening van alles wat jy doen. So gedra jou soos ‘n gentleman ten alle tye, en pasop vir die Oertel.

Ek bel vandag om blyplek te bespreek in Addo vir ons Oos-Kaap ekskursie, net om te hoor dis vol! Dis nog 6 weke voor die tyd, dis nie in die skoolvakansie nie, en reeds is dit vol! Op ‘n sekerre vlak is dit nogal goeie nuus, want dit beteken seker dat toerisme goed doen, en dus werk skep. Maar waar moet ek en die vroutjie nou bly as ons wil gaan grootvoete kyk? Enige voorstelle vir oulike blyplekke daar naby, asook ander oulike plekke om te besoek in die area sal waardeer word. Maeree het al ‘n paar goeie voorstelle gemaak, maar spesifieke blyplekke se name sal waardeer word. Die plan is vir so 2 nagte in Addo, en dan 2 nagte elders. Die res van die tyd word in P.E. spandeer.


Vandag is die internasionale “praat soos ‘n seerower “-dag. Rerig! Daar is selfs ‘n oulike S.A. weergawe (‘n bemarkingspoging van Virgin Mobile, maar tog oulik). So gaan lees hoe en gebruik jou kans om te roof, plunder en drink. Of ten minste om te praat soos iemand wat bogenoemde doen.

Dit het my ook laat dink; dalk moet daar meer sulke dae wees. Wat van ‘n nasionale “praaaat sooooos ‘n manakwalanner”-dag? Hulle kan dit laat saamval met die Calvinia Vleisfees.

Daardie afkondiging wat die hooflugkelner (is die die regte woord?) maak voor jou vliegtuig opstyg, raak vinnig vervelig as mens baie vlieg. Baie daarvan is ook nie heeltemal waar nie. Hierdie artikel het ‘n voorbeeld van hoe so ‘n afkondiging sal klink as hulle 100% eerlik was. Hoogtepunte:

Please switch off all mobile phones, since they can interfere with the aircraft’s navigation systems. At least, that’s what you’ve always been told. The real reason to switch them off is because they interfere with mobile networks on the ground, but somehow that doesn’t sound quite so good.

en

In fact, do not bother to look for it [life-jacket] at all. In the event of a landing on water, an unprecedented miracle will have occurred, because in the history of aviation the number of wide-bodied aircraft that have made successful landings on water is zero.

Volgende Blad »