Hier volg ‘n paar mites uit die kombuis:
– Vleis wat op hoë hitte verbruin word smaak beter want dit seel die sappe in.
– Koeksoda in jou yskas absorbeer die slegte reuke.
– As jy vleis sout voor jy dit gaarmaak gaan dit taai wees want dit trek die vloeistof uit die vleis.

Almal onwaar. Vir wetenskaplike bewyse dat die bostaande en nog ander onwaar is kan jy op hierdie webblad gaan loer.

Nog ‘n paar ouvroustories:
– Kougom neem 7 jaar om te verteer as jy dit insluk.
– Hare groei weliger of donkerder terug na dit geskeer is.
– As jy gaan swem binne ‘n uur na jy ge-eet het sal jy krampe kry en verdrink.

Dis seker hoekom Mythbusters een van my gunsteling TV programme is.