As jy volgende keer by ‘n partytjie is en die lus pak jou beet om iemand daar in die verleetheid te stel, hier is ‘n baie paar vrae om vir hulle te vra. Dis vrae is op die oog af heel onskuldig, maar kan baie ontblotend kan wees.

1. Hoeveel keer per week het jy gemiddel seks (sonder om dit hardop te sê)? Tussen 1 en 9, wees realisties!
2. Maal dit met 2
3. Tel 5 by
4. Maal dit met 50
5. As jy al hierdie jaar verjaar het, tel 1756 by, anders tel 1755 by
6. Trek die 4-syfer jaar wat jy gebore is af (bv 1976)

Die persoon behoort nou ‘n 3 syfer getal te hê, laat hom/haar dit hardop sê (bv 629). Die eerste syfer is die oorspronklike getal waaraan hulle gedink het (6), die volgende twee is die persoon se ouderdom (29).

Probeer maar self, as jy ‘n calculator nodig het, click hier en een sal op pop.

Dit werk natuurlik met enige vraag by punt 1, solank jy net die persoon met die vraag dwing om ‘n getal tussen 1 en 9 te kies.