gm merk op dat die Bolshoi-teater orkes per trein moes terugreis Rusland toe van Londen af, omdat hulle instrumente nie as handbagasie op die vliegtuig mag gaan nie. Dit beteken waarskynlik dat hulle ‘n stukkie treinspoor gery het wat ek ook al gery het : van Warskou tot in Moskou. Daar is twee interessante goed van daardie rit wat ek graag deel.

Die eerste is dat die rit jou deur Belarus neem, en dat Belarus klaarblyklik nog in die Soviet Unie van die 1960’s vassit. Van polisiemanne en soldate met belaglike hoede, tot die hamer-en-sekel wat nog oral trots pryk.



Die tweede is iets wat gebeur sodra mens op die grens tussen Belarus en Pole kom. Die trein se wiele word omgeruil. Dit moet gebeur omdat die treinspore in die ou USSR weier is as in die res van Europa. Die trein ry in ‘n groot gebou in, die hele onderstel word losgeskroef en dan word die hele trein, met almal nog in die trein, opgehys. Die hele onderstel ry weg en ‘n nuwe een word onder die trein ingery. Alles word laat sak, en omtrent 2 uur later kan jy Belarus binnery.

Trein in die groot gebou, met die rooi hysers langs die kant.

Onderstel word onder die trein uit getrek.

Die hele trein in die lug, sonder wiele.

Ek wonder of dit nie maar veiliger sou gewees het vir die musikante om hulle instrumente eerder in die vliegtuig se ruim te sit, eerder as om hulle deur die wiel-omruil ervaring te neem nie.

(Die foto’s is nie my eie nie, ek het dit hier en hier gekry. Ek het ongelukkig nie digitale foto’s van my ondervinding nie.)