Billy Joel fans soos ek en dorothy was verheug om te hoor Billy Joel kom SA toe. Die eerste berig wat ek daaroor gelees het, het genoem dat die kaartjies begin by R250. Nogal steep het ek gedink, maar ek sal R250 uithaal om die Bokke te sien speel, so Billy se eerste (en dalk enigste) keer in SA is dit seker ook werd. Vanoggend toe ek egter op Computicket gaan kyk wat beskikbaar is, sien ek die goedkoopste kaartjies is in werklikheid R268, en dis vir 2 klein blokkies HEEL agter. M.a.w. jy kan daardie kaartjies maar ignoreer. Die volgende prysklas is R422. Realisties gaan dit my en die vroutjie dus R844 kos om te gaan luister hoe Billy ontken dat hy die vuur aangesteek het. Vir die Royal Albert sou ek oorweeg het om 40 pond te betaal (en met ‘n salaris in pond waarskynlik nog steeds daarteen besluit het), maar vir die Velodrome?! Aan wie ook al so gulsig is om dit so duur te maak: die vuur wat julle aangesteek het brand brûe, en ek hoop julle brand ook daarin. Jammer dorothy, ek’s sal maar die bandwagon moet misloop.