Die mense by Kaap Agulhas die twee oseane kom daar bymekaar.

Ek het egter van kleins af gehoor dat dit by Kaappunt bymekaarkom.Daar moet tog immers ‘n rede wees dat die Twee Oseane marathon se naam is wat dit is. En dat daar ‘n Trivial Pursuit vraag is “What is the only city in the world where you can swim in two different oceans at the city’s beaches?”, met Kaapstad as die antwoord.

Tog moet daar ‘n rede wees dat die mense van L’agulhas dit by hulle wil laat gebeur. Dalk is die geld wat hulle maak uit die uiterstepunt-van-die-kontinent-besoekers nie genoeg nie, en dalk is daar nog vreeslik baie geld te maak uit mense wat obsessief daaroor is om al die punte te besoek waar oseane bymekaar kom.

As jy eendag, egter om watter rede ook al, jouself bevind in L’agulhas op soek na ‘n eetplek, gaan eet hier:

En as dit daardie dag op die spyskaart is, eet die mossels.