Hierdie artikel is geskryf deur ‘n Engelsman (Theodore Dalrymple) wat Frankryk toe getrek het a.g.v. die misdaad in Engeland. Hy gaan vreeslik af oor hoe die Engelse samelewing oor die afgrond is en hoe swak alles nou daar gaan. Klink nogal bekend ne? Alles wat hy sê is natuurlik waar, meeste Suid-Afrikaners in die V.K. sal jou ‘n paar stories kan vertel van dronk yobs wat hulle aangeval of ten minste gedreig het. Net soos die stories wat vertel word van S.A. ook waar is. Mense wat Nieu-Seeland of Kanada of Australië toe wil trek oor die misdaad hier (of dalk reeds het) moet die laaste paragraaf van Dalrymple se artikel egter mooi lees :

Therefore I have removed myself: not that I imagine things are much better, only slightly different, in France. But one does not feel the defects of a foreign country in quite the same lacerating way as the defects of one’s native land; they are more an object of amused, detached interest than of personal despair.

Dis maklik om negatief te wees oor jou eie land en die groen gras oorkant die draad te sien. Dis baie moeiliker om jou land se gras te probeer groener maak.

Op ‘n ligter noot, hier is ‘n quiz om uit te vind of jy ‘n yob is.