Prof en Dorothy skryf beide oor verskillende mense wie se (skynbaar) oordrewe lojaliteit aan een of ander groep hulle pla. Dit laat my wonder, wanneer is dit oraait om trots te wees op jou verlede of een of ander groep waarvan jy deel voel, en wanneer gaan dit te ver?

Die teenoorgestelde pla my ook: wanneer mag ek weier om deel te wees van ‘n groep waar mense my probeer indeel? Die Hansa Pilsner advertensie (“I hate being white, I love being white”) is min of meer hoe ek voel oor sommige van hierdie groepe waarin ek sonder my toestemming ingedeel word. Ek haat dit om ‘n Afrikaner te wees as dit mense laat aanneem ek is ‘n rassis, maar ek voel tog deel van die Afrikaner kultuur en die geskiedenis van die Afrikaner is deel van my geskiedenis (sleg en goed) en daarom is ek trots om een te wees.