Rondloperhy het vir Stepehen Hawking hoor sê hy dink niemand gaan ooit terug in tyd kan reis nie, anders sou ons al tydreisigers van die toekoms af gesien het. Wat sal jy dink as iemand jou meedeel hy kom eintlik uit die jaar 2036? Jy sal dink: “Ja broer, jy moet maar saam met Jacob Zuma ‘n sielkundige gaan sien.” So wat as ons al tydreisigers gesien het, maar niemand wou hulle glo nie? John Titor het in 2000 op die internet begin vertel dat hy uit 2036 kom en terug gestuur is om ‘n oplossing te probeer kry vir die ekwivalent van hulle tyd se Y2K probleem. Daar is heelwat mense wat glo dat hy die waarheid gepraat het, so dalk is tydreise wel moontlik, al is dit eers in 2036.