Geneem uit ons kamervenster, Woking, 2003. Woking se enigste claim to fame is dat dit die plek is waar HG Wells die marsmannetjies eerste laat land het in War of the Worlds. Daar is dan ook ‘n pub met die naam HG Wells om te herdenk dat die man juis vir Woking eerste van die aardbol wou laat afvee deur marsmannetjies. Alhoewel hy seker nie te veel teen die plek gehad het nie, want hy het self daar gebly. Steven Spielberg het egter vir Woking van haar regmatige plek op die lys van moet-sien plekke, langs Stratford en Bath, ontneem deur vir Tom eerder in Amerika te laat rondhardloop. Lees meer oor wat die Guardian daarvan gedink het.