Hierdie storie oor hoe 14 Caltech studente die rasieleierspan van Washington Universiteit een van die beste poetse nog gebak het (maggies maar Afrikaans is lekker), het my laat dink aan die stories van studentepret op Maties wat ek oor die jare gehoor of aan deelgeneem het. Baie daarvan het die oortreding van een of ander wet behels: meestal diefstal, soms vandalisme, en selfs nudisme. Meeste daarvan was egter glad nie meer so snaaks na almal eers weer nugter was nie. Tog is daar nou en dan ‘n storie wat mens laat lag en in verwondering laat oor die breinkrag wat daarin gegaan het. Was jy al deel van so ‘n storie? Of ten minste al gehoor van een wat die moeite werd is om te vertel? Deel dit bietjie met die res, sulke staaltjies verdien om oorvertel te word.