Ek en die vroutjie het toe die naweek gaan Da Vinci Code kyk. Ons het beide die boek gelees (lank terug, voor die godsdiens oorlog daar rondom uitgebars het), en gedink die boek is oraait, maar niks wonderlik nie; ‘n lekker skattejag storie. Ek het op daardie stadium gedink dit sal seker kontroversieel wees, maar was nie rerig self as Christen offended oor die inhoud nie, dis tog net ‘n boek. ‘n Kollega van my het vanoggend die fliek as “‘n boring Indiana Jones” beskryf, wat omtrent die beste beskrywing is wat ek ook aan kan dink. Gelukkig kom Indiana Jones 4 volgende jaar uit; kan nie wag daarvoor nie.