As jy in die Kaap bly kan jy hier gaan kyk wanneer daar moontlik kragonderbrekings kan wees waar jy bly. Ek moet sê dat sedert die laaste krisis, toe ons vir ‘n week lank donker was, gaan dinge heel goed. Die 2 moontlike onderbrekings wat vir laas week voorspel was by my adres het nooit gebeur nie. Eskom het seker die regte mense op die job gesit. Vraag is net: hoekom was hulle nie van die begin af op die job nie? Dan kon die hele onaangenaamheid verhoed gewees het.