Google het ‘n baie oulike nuwe trend tool, waarmee mens kan kyk waarna ander mense soek op Google, en waar daardie mense vandaan kom. So kan mens byvoorbeeld agterkom dat Stellenbosch die plek in die wêreld is waar die meeste vir Afrikaans gesoek word, na Randburg, Bloemfontein en Pretoria. Nog interessanthede is dat die mense in Dublin die graagste wil Kaap toe kom van oorsee af, dat meeste mense dit maar nog as Pretoria ken (nie Tshwane nie), dat meer mense girlfriends soek as boyfriends (en dat die Aussies klaarblyklik maar alleen is) en dat Paris Hilton vir 2 kort tydperke in 2005 gewilder was as George Bush in Amerika.