Toe ek veel jonger was, en nog KTV op MNet gekyk het, was daar ‘n cartoon met die naam “Tiny Toon Adventures”. Hulle het elke nou en dan ‘n liedjie gesing, en een daarvan, wat ek onthou, was “Istanbul (not Constantinople)“. Daai bleddie liedjie sit nou nog in my kop vas, 20 jaar later (dit was ‘n baie catchy tune ok!) . Om terug te kom by die nuttelose punt : vandag, 1676 jaar terug het Keiser Konstantein I (aka Gaius Flavius Valerius Aurelius Constantinus) die hoofstad van die Romynse ryk van Rome na Konstantinople geskuif. Bo is ‘n foto wat ek geneem het van die Arch of Constantine in Rome, bo van die kolluseum af. Dis gebou voor ou Gaius besluit het om die hoofstad te skuif. Die plek waarheen dit geskuif het se naam was eers Bezantium, wat toe Constantinople geword het (330), en baie later (1930) Istanbul. Dit was seker daai tyd se Tswane vs Pretoria debat.