Die engelse frase “my bad”, wat deesdae so gewild is in die (urban-hiphop-wannabe) amerikaanse volksmond, het sy oorsprong amper 20 jaar terug. Dit het begin by ‘n basketbalspeler uit Sudan, Manute Bol, wat in die jare 80 in Los Angeles gaan basketbal speel het. Wanneer hy ‘n fout gemaak het, soos om ‘n bal sleg aan te gee, het hy gesê “my bad”, i.p.v. “my fault”. Die ander spelers in sy span het dit toe ook begin gebruik, en so het dit in die basketbal subkultuur versprei. Dit is egter eers algemeen deur die massas in gebruik geneem na die frase in die fliek “Clueless” gebruik is. Lees meer hier.