Hier is ‘n storie wat my nogal laat dink het aan die hele Prof Van Niekerk vs Slurpie episode. Dit vertel van ‘n groep mense wat in New York besluit het om sonder broeke, net met onderbroeke, op die trein te ry. ‘n Polisieman wat dit sien oorreageer toe ook heeltemal en die hele ding ontaard toe in ‘n media frenzy. En dit alles sonder rede, niemand het enige wet oortree nie. Die hele episode is gereël deur ‘n website genaamd Improv Everywhere, wat gereeld sulke bizarre situasies in die publiek orkestreer. Nog ‘n gunsteling is waar hulle almal soos die werknemers van ‘n groot elektroniese winkel aantrek in die winkel gaan rondstaan.