Mount Scenery (888m) is die hoogste punt in die Nederlandse koningkryk. Mount Scenery kan gevind word op Saba, ‘n klein eiland in die Karibiese eilande. Hier’s ‘n kaart as jy wonder waar dit is, hier is ‘n foto. Saba word gereken as een van die beste plekke in die wêreld om te duik. Ek wonder nou nog of ek moet spyt wees dat ek my eerste scuba duik daar gedoen het, want die res van my lewe gaan ek duike vergelyk daarmee. As jy nie verstaan nie, dink so daaraan : Sal jy wil hê jou heel eerste soen moet die beste van jou lewe wees?