Mei 2006


Did you hear about the agnostic insomniac dyslexic? He lay awake at night wondering if there’s a Dog.

Advertisements


Aangesien ons vorige wenner so ‘n groot rugby fan is, begin ons die week met ‘n maklike een om mee op te warm. Die ware toets kom later in die week, met groot pryse. Eerste een met die naam van die stadion wen ‘n seisoenkaartjie vir al die Southern Spears se 2007 Super 14 tuiswedstryde. Om dit meer regverdig te maak mag jy soveel vrae (met ‘n ja/nee antwoord) vra as wat jy wil, maar net een finale antwoord per dag gee. Moenie probeer slim wees en jou antwoord as ‘n vraag stel nie. Natuurlik tel “Is dit die De Aar Gedenkstadion?” as ‘n antwoord, nie ‘n vraag nie.

Hierdie storie oor hoe 14 Caltech studente die rasieleierspan van Washington Universiteit een van die beste poetse nog gebak het (maggies maar Afrikaans is lekker), het my laat dink aan die stories van studentepret op Maties wat ek oor die jare gehoor of aan deelgeneem het. Baie daarvan het die oortreding van een of ander wet behels: meestal diefstal, soms vandalisme, en selfs nudisme. Meeste daarvan was egter glad nie meer so snaaks na almal eers weer nugter was nie. Tog is daar nou en dan ‘n storie wat mens laat lag en in verwondering laat oor die breinkrag wat daarin gegaan het. Was jy al deel van so ‘n storie? Of ten minste al gehoor van een wat die moeite werd is om te vertel? Deel dit bietjie met die res, sulke staaltjies verdien om oorvertel te word.

N.a.v. comments oor kraaie en rawe by ‘n vorige post.


Om die tyd op ‘n Vrydagmiddag bietjie vinniger verby te kry: ‘n uitdaging. Waar in die wêreld (dorp/stad) is hierdie foto geneem? Die eerste korrekte antwoord wen ‘n all-inclusive trip na enige destiniasie in Suid-Amerika waarheen kulula.com vlieg. Leidrade sal verskaf word as julle sukkel. Ek sal ja of nee antwoord op enige vrae.

Cameron McIntosh is een van die merkwaardigste mense wat ek die eer het om ‘n vriend te noem. Onthou daardie naam, jy gaan dit nog in die toekoms hoor (op ‘n goeie manier, nie die Police File manier nie).

Ek lees vanoggend van die Pirahã, ‘n stam in die Amazone wat ‘n baie interessante taal het. Hulle het nie woorde vir syfers nie, en daarom klaarblyklik geen konsep van wiskunde nie, nie eens basiese goed wat ek en jy nie eens as wiskunde sal sien nie. Dis vir my so ‘n vreemde konsep dat ek amper nie kan glo dit is waar nie. Dit voel vir my asof syfers so ‘n natuurlike deel van my bestaan is, dat dit amper ingebou is, iets waarmee mens gebore word. En dan leer mens verder hoe om dit te gebruik deur meer komplekse wiskunde aan te leer. Maar hierdie stam bewys die teenoorgestelde. Hulle het nie ‘n konsep van hoeveelheid nie. Ek wonder of dit hulle meer mededeelsaam en minder selfsugtig maak?

Volgende Blad »