Ek het onlangs ‘n paar blog posts en comments raak gelees (hier en hier) wat gaan oor mimiek en hoe dit gebruik word om evangelisasie te doen. Uit die comments lyk dit vir my asof daar heelwat mense is wat aan mimici of soortgelyke christelike aktiwiteite deelgeneem het, maar nou vervreemd is van die kerk of nie meer glo nie. Dit laat my terugdink aan my tyd op Stellenbosch. Ek onthou hoe mense, wat CVS kringleiers was op skool of goed soos mimiek in die kerk gedoen het, skielik verander het op universiteit en klaarblyklik ophou glo het. Ek wonder nou net (as jy so iemand is, lewer asb kommentaar) : Het jy werklik geglo voor jy ophou glo het in God? Wat was die werkilike rede hoekom jy mimiek gedoen het of op CSV kampe gegaan het of belydenis van geloof afgelê het? Dis vrae waaroor ek eerlik wonder, want ek kon nog nie op die punt kom om anders te glo nie. So nou wonder ek of ‘n gelowige tot op daardie punt gedryf kan word, en of dit eintlik ‘n ongelowige is wat eerlik raak oor sy ongeloof? As ‘n christen ‘n nie-christen word, was hy ooit ‘n christen?

NS Die term ongelowige hier verwys net na iemand wat self erken hulle glo nie. Ek veroordeel niemand nie, en probeer glad nie iemand label as christen of heiden nie. Net jy weet of (en wat) jy glo of nie.

UPDATE: Nou hierdie is interessant.