April 2006


Die vloed van vonkpos wat ek deesdae kry met “interessante feite” het my laat besluit om gereeld ‘n nuttelose feit hier te publiseer. Vandag is die oewerkonyn aan die beurt:

Die oewerkonyn (riverine rabbit in engels) is een van die mees bedreigde soogdier spesies in die wêreld. Dit kom net in ‘n klein area in die Noord-Kaap voor, langs die oewers van die Sakrivier (wat toevallig deur my skoonpa se plaas loop). Oewerkonyne word deesdae as “critically endangered” geklassifiseer. Lees meer van die oewerkonyn op wikipedia, en by die Riverine Rabbit Conservation Project.

Ons gaan die naweek kuier op die plaas, en ek vat my haelgeweer saam, so ek sal laat weet of die oewerkonyn nie dalk as uitgesterf moet geklasifiseer word na die naweek nie.

Advertisements

Ek het onlangs ‘n paar blog posts en comments raak gelees (hier en hier) wat gaan oor mimiek en hoe dit gebruik word om evangelisasie te doen. Uit die comments lyk dit vir my asof daar heelwat mense is wat aan mimici of soortgelyke christelike aktiwiteite deelgeneem het, maar nou vervreemd is van die kerk of nie meer glo nie. Dit laat my terugdink aan my tyd op Stellenbosch. Ek onthou hoe mense, wat CVS kringleiers was op skool of goed soos mimiek in die kerk gedoen het, skielik verander het op universiteit en klaarblyklik ophou glo het. Ek wonder nou net (as jy so iemand is, lewer asb kommentaar) : Het jy werklik geglo voor jy ophou glo het in God? Wat was die werkilike rede hoekom jy mimiek gedoen het of op CSV kampe gegaan het of belydenis van geloof afgelê het? Dis vrae waaroor ek eerlik wonder, want ek kon nog nie op die punt kom om anders te glo nie. So nou wonder ek of ‘n gelowige tot op daardie punt gedryf kan word, en of dit eintlik ‘n ongelowige is wat eerlik raak oor sy ongeloof? As ‘n christen ‘n nie-christen word, was hy ooit ‘n christen?

NS Die term ongelowige hier verwys net na iemand wat self erken hulle glo nie. Ek veroordeel niemand nie, en probeer glad nie iemand label as christen of heiden nie. Net jy weet of (en wat) jy glo of nie.

UPDATE: Nou hierdie is interessant.

Brett Lee is a dirty cheat. He’s a typical Australian cricketer that will talk about playing the game in good spirit and being honest, but as soon as he is under pressure he will forget about all the honesty talk and try to win at any cost. All the talk before the series about walking when you edge the ball, and taking the fielder’s word on a catch being valid or not is just to hoodwink the umpires into believing they are honest. This is then exploited in the game by being dishonest and the umpires then falling for this dishonesty.

If you agree with this, link to this post in your blog so it can rise in the google rankings.