Gaan asb nou dadelik na kulula.com se website en teken die petisie om daylight savings time in SA te kry. Soos hierdie berig mooi verduidelik: dis nie net ‘n foefie om almal deurmekaar te maak met hoe laat dit nou eintlik is nie. Daar is baie voordele, en ons gaan meer lig hê in die aand om goed te doen. My ondersteuning kom eintlik vanuit die besef dat indien ons DLT kry sal die son eers na 9 ondergaan in die middel van somer. Dit beteken ek sal na werk ‘n hele rondte gholf kan gaan speel as ek so 17:30 afslaan. Sweet! So gaan nou en sit jou naam by.