Desember 2005


Effense moeiliker oefening in logika vir huiswerk (sien die vorige post oor Occum’s Razor vir konteks):
Gestel die invloedryke politikus wat van verkragting en korrupsie aangekla word se verweer teen die verkragting is dat hy met die toestemming van die vrou met haar seks gehad het, en die vrou is HIV positief. Watter van die volgende is die mees waarskynlike?
a) Hy dink hy is bulletproof
b) Hy is so dom soos ‘n kluit
c) Hy is self HIV positief
d) All of the above

Dit nou van ‘n man wat tot onlangs aan die hoof gestaan het van die regering se “morele regenerasie program”.

Advertisements

Ek het hierdie foto van ‘n breinkoraal bietjie meer as ‘n jaar terug geneem in Kenia op ‘n snorkel trippie. Toe ek vandag so deur my foto’s blaai kom ek daarop af en besluit om dit met die wêreld te deel. Posted by Picasa


Gisteraand is Somerset-Wes se beroemde Kersliggies aangesit. Almal was daar om te kyk, en ‘n klomp belangrike mense het in BMW’s opgedaag en toesprake gemaak. Daar was selfs ‘n straatmark met 100 verskillende stalletjies: 55 van hulle het boereworsrolle verkoop, 26 goedkoop sonbrille, 14 plastiek juweliersware, 1 pizza en 3 biltong.

As ‘n vergelyking van hoe goed die liggies nou eintlik is het ek ‘n foto van Guildford in Engeland se liggies ook. Nog ‘n rede om bly te wees ons is terug in SA en nie meer op die koue moddereiland nie.

Somerset-Wes se liggies 2005

Guildford se liggies 2004