Die konsep van Occam’s Razor is iets waaraan ek sterk glo. Vir die wat nog nie daarvan gehoor het nie, dit sê dat gegee verskillende teorië om ‘n gegewe situasie te verduidelik, is die eenvoudigste een die mees waarskynlike een. Wikipedia verduidelik dit selfs nog beter.

As voorbeeld: Gegee man met baie politieke mag word aangekla van korrupsie en kort daarna van die verkragting van ‘n HIV positiewe vriendin van sy gesin, en word skuldig bevind van beide (let wel, die skuldigbevinding deur ‘n onafhanklike hof is belangrik hier). Daar is twee teorië hieroor: 1. Hy is die onskuldige slagoffer van ‘n komplekse politieke sameswering om sy politieke loopbaan te kelder; 2. Hy is dom-astrant, astrant of sommer net plain dom. Pas Occum’s Razor toe, en met my logika moet teorie 2 waar wees.