Terug op die job na ‘n lekker naweek op Pearly Beach. Dit was duidelik dat perlemoen poachers is besig om die see daar leeg te stroop. Klein perlemoen skulpe lê oral uitgespoel, en ons het ‘n paar hope onder die water ook gesien terwyl ons tussen die bamboes gesnorkel het. Ek dink die weermag moet ‘n peleton/bateljon/wat-die-army-woord-ookal-is-vir-‘n-groep-van-ongeveer-20-troepe by die kusdorpies wat sukkel met poachers stasioneer. Hulle moet dan oorlog voer teen die poachers, want hulle is besig met ekologiese terrorisme.

‘n Terugblik op my voorspellings vir die naweek se sport was toe nie baie akkuraat nie. Die krieket het ons verloor, die Pommies het die All Blacks laat swaar kry, en die Ozze het uit eindelik weer gewen. Oor die Bokke was ek die naaste, ‘n 17 punt oorwinning is darem naby aan my voorspelling van ten minste 20 punte. Ons sou verder gewen het as dit nie was vir die skokkende beslissings deur die New Zeelandse lynregter Bryce Lawrence was nie. Laat mens weer terug dink aan die gerugte wat ‘n paar jaar terug die rondte gedoen eht van ‘n epos wat gestuur is tussen Australië en New Zeeland se skeidsregters waarin gesê word dat hulle die Japies (SAners) moet regsien.