Reg so, my eerste post. Net ‘n halfuur oor om te werk op ‘n Vrydagmiddag. Vooruitsigte van son, see, braaivleis, rugby en krieket hierdie naweek. More poog die Proteas om Steve Waugh se span na te maak en 21 wedstryde in ‘n ry onoorwonne te bly deur vir Indië te klop, die Bokke speel teen Wallis, die All Blacks teen Engeland, en Ozland en die Iere kyk wie ‘n krummeltjie selfrespek kan red van hulle onderskeidelike rugby seisoene. My voorspellings:

Proteas wen groot as hulle die loot wen, as Dravid die loot wen wen ons in die laaste boulbeurt.
Bokke wen met ten minste 20 punte.
NZ wen met ten minste 30 punte.
Ierland wen ‘n vreeslike boring game met 3 punte, 9-6 of iets soortgelyk.

Die eerste 2 voorspellings is patrioties, die 3rde omdat ek nie die Pommies like nie, en die 4de omdat ek Oz nog minder like.