Gister (16de Sept) is die lansering vir die 2de keer net voor die lansering uitgestel. Hierdie keer a.g.v. ‘n keroseen filter wat foutief was met die volmaak van die vuurpyl se brandstof.
Update: Lansering geskeduleer vir vandag, 17 Sept, om 17:55:07 SA tyd.
September 17, 2009 at 12:55
urgh…wat nou?
September 17, 2009 at 12:58
Is jy seker Atletiek Suid Afrika is nie betrokke by die lansering nie? Vertrou hulle om ‘n gemors van ‘n gemors van ‘n gemors te maak.
September 17, 2009 at 13:02
haha. Nee, anders sou hulle die vertragings op rassisme geblameer het.
September 17, 2009 at 13:06
Ons vorder … gister het ek darem ‘n “count down” klok gesien vir ‘n kort rukkie. Dalk word die lansering uitgestel omdat die soustrein elke keer laat is.
Vanmiddag gaan dit gebeur … watch net.
September 17, 2009 at 17:46
All good so far. Light the candles baby, light them …
September 17, 2009 at 18:03
Dit was cool, dankie PZ dat jy ons laat weet het.