Andrew – Die elektriese energie word in batterye gestoor. Dieselfde soort as wat in ‘n laptop is, net bietjie groter en heelwat duurder (om seker te maak dit is goeie kwaliteit). Die batterye word deur 3 sonpanele gelaai, een grote wat meestal in die rigting van die son gaan wys, en 2 kleineres. Ek kan nie presies onthou wat die krag begroting behels nie (2006 is lank terug om sulke presiese getalle te onthou), maar dit is in die orde van ‘n paar watt.
Sonkind – As mens ‘n satelliet wil lanseer moet jy jou eie vuurpyl hê, of iemand betaal om dit met hulle vuurpyl te doen. Suid-Afrika was in die 80s en vroeg 90s besig om ‘n vuurpyl te ontwikkel wat dit sou kon doen, maar onder druk van Amerika is die program gestop (lees meer in my nuutste inskrywing hieroor). So ons enigste opsie is om iemand te betaal. Daar is basies 3 opsies: Amerika (Nasa), Rusland of Europa se ruimteagentskap (ESA). Rusland is die goedkoopste van die 3, en daarom word baie kommersiële lanserings deur die Russe gedoen. Hulle tegnologie is nou al bewys oor baie jare (onthou, hulle het die eerste satelliet, Sputnik in 1957 lanseer). Onlangs het lande soos Indië en China ook die terein betree, maar met betroubaarheid en koste saamgevoeg is Rusland steeds die beste keuse. Sunsat is in 1999 deur ‘n Amerikaasne vuurpyl gelanseer, gratis, in ruil daarvoor dat ‘n GPS loonvrag van NASA op die satelliet kon vlieg.
Andrew, met ‘n paar wat bedoel ek minder as 100 watt, as ek reg onthou. Afhangende van watter stelsels aan is natuurlik, want nie alles is altyd aan nie (die kamera word net aan geskakel as dit gebruik word as voorbeeld).
Hoe lank kan ‘n satelliet werk? Hoeveel het die satelliet gekos? en moes hulle nie liewer ‘n klomp huise bou met die geld nie en wat beteken die satelliet se naam?
Die plan is dat die satelleit so 3 – 5 jaar sal werk. Dit hang alles af van hoe lank die batterye hou, solank hy krag het sal hy kan werk.
Moeilik om te sê hoeveel dit gekos het, want nie net Sunspace was betrokke nie, en nie net die koste van die satteliet se ontwikkeling is betrokke nie. Daar was ook die grondstasie en beheer sagteware se koste, die opleidingsprogram wat saam met die ontwikkeling gegaan het, die lanseringskoste, ens. Dit is alles saam in die orde van ‘n par miljoen, heelwat goedkoper as wat groot satelliet maastskappye en organisasies soos Nasa dit voor doen.
Die vraag oor of daar huise gebou kon word is ‘n goeie een. Dit gaan oor waar ons regering se prioriteite lê. Natuurlik is dit belangrik om huise te bou en ander basiese dienste te verskaf, maar vooruitgang kan nie stil staan nie. Die enigste manier vir ‘n land met probleme om uit daardie probleme te kom is om te groei en vooruit te gaan. Om ook geld te spandeer aan nuwe tegnologie, aan nuwe treine, ens. Die fotos wat SumbandilaSat gaan neem is ook van groot waarde, aangesien dit andersins ten duurste aangekoop sou moes word by ander satelliet maatskappye.
Die naam kom van die Venda woord wat “lead the way” beteken. Hopelik omdat dit net die begin van die Suid-Afrikaanse ruimteprogram is.
Hoe kan mens jou geld bele^ sodat jy binne vyf jaar van jou rente leef indien jy begin met ‘n neseier van ongeveer R200 en jy 33 jaar oud is en dit die middel van ‘n resessie is?
Piesang, al raad wat ek jou kan gee is om nooit, ooit in der ewigheid met Sanlam besigheid te doen nie. Hulle is ‘n klomp skelms wat gewettigde diefstal pleeg. Hulle het 30% van my aftree belegging gevat as ‘n diensfooi na ek dit gestop het, glo m my aan te moedig om nie te stop nie. Die feit dat ek ‘n geldige rede het om dit te stop traak hulle min. Hulle antwoord op my vrae oor hoekom hulle dink dis regverdig om my geld te vat, al het ek ‘n geldige rede om te stop, is basies dat die wet hulle toelaat om ‘n maksimum van 30% te vat, so hulle sal, en basta met my. As hulle nog meer kon vat dan sou hulle. Ek is net ‘n nommer, hulle gee regtig nie om vir my finansiële welvaart nie.
So ek herhaal, vermy Sanlam soos die pes, hulle is van dieselfde materiaal as Glenn Agliotti en Schabir Shaik gemaak.
September 13, 2009 at 19:59
Waar kry die Sat sy energie vandaan om sy goed te doen? Wat is die elektriese spanning oor die elektriese komponente. Rofweg hoeveel watts is dit?
September 13, 2009 at 20:07
My vraag is soortvan hoeveel energie verg dit om die ding aan lewe te hou in vergelyking met sê nou maar ‘n HiFi of gyser.
September 13, 2009 at 20:45
Dalk het jy al die een egantwoord – maar kan jy in gewone Afrikaans
vuir my verduidelik hokeom ons die Sat in Rusland launch
September 13, 2009 at 20:46
Skuus, ek sien ek is weer op Sondagaand disleksie, verskoon tog maar
September 13, 2009 at 20:57
Andrew – Die elektriese energie word in batterye gestoor. Dieselfde soort as wat in ‘n laptop is, net bietjie groter en heelwat duurder (om seker te maak dit is goeie kwaliteit). Die batterye word deur 3 sonpanele gelaai, een grote wat meestal in die rigting van die son gaan wys, en 2 kleineres. Ek kan nie presies onthou wat die krag begroting behels nie (2006 is lank terug om sulke presiese getalle te onthou), maar dit is in die orde van ‘n paar watt.
Sonkind – As mens ‘n satelliet wil lanseer moet jy jou eie vuurpyl hê, of iemand betaal om dit met hulle vuurpyl te doen. Suid-Afrika was in die 80s en vroeg 90s besig om ‘n vuurpyl te ontwikkel wat dit sou kon doen, maar onder druk van Amerika is die program gestop (lees meer in my nuutste inskrywing hieroor). So ons enigste opsie is om iemand te betaal. Daar is basies 3 opsies: Amerika (Nasa), Rusland of Europa se ruimteagentskap (ESA). Rusland is die goedkoopste van die 3, en daarom word baie kommersiële lanserings deur die Russe gedoen. Hulle tegnologie is nou al bewys oor baie jare (onthou, hulle het die eerste satelliet, Sputnik in 1957 lanseer). Onlangs het lande soos Indië en China ook die terein betree, maar met betroubaarheid en koste saamgevoeg is Rusland steeds die beste keuse. Sunsat is in 1999 deur ‘n Amerikaasne vuurpyl gelanseer, gratis, in ruil daarvoor dat ‘n GPS loonvrag van NASA op die satelliet kon vlieg.
September 13, 2009 at 21:00
Andrew, met ‘n paar wat bedoel ek minder as 100 watt, as ek reg onthou. Afhangende van watter stelsels aan is natuurlik, want nie alles is altyd aan nie (die kamera word net aan geskakel as dit gebruik word as voorbeeld).
September 14, 2009 at 12:48
Hoe lank kan ‘n satelliet werk? Hoeveel het die satelliet gekos? en moes hulle nie liewer ‘n klomp huise bou met die geld nie en wat beteken die satelliet se naam?
September 14, 2009 at 13:02
Die plan is dat die satelleit so 3 – 5 jaar sal werk. Dit hang alles af van hoe lank die batterye hou, solank hy krag het sal hy kan werk.
Moeilik om te sê hoeveel dit gekos het, want nie net Sunspace was betrokke nie, en nie net die koste van die satteliet se ontwikkeling is betrokke nie. Daar was ook die grondstasie en beheer sagteware se koste, die opleidingsprogram wat saam met die ontwikkeling gegaan het, die lanseringskoste, ens. Dit is alles saam in die orde van ‘n par miljoen, heelwat goedkoper as wat groot satelliet maastskappye en organisasies soos Nasa dit voor doen.
Die vraag oor of daar huise gebou kon word is ‘n goeie een. Dit gaan oor waar ons regering se prioriteite lê. Natuurlik is dit belangrik om huise te bou en ander basiese dienste te verskaf, maar vooruitgang kan nie stil staan nie. Die enigste manier vir ‘n land met probleme om uit daardie probleme te kom is om te groei en vooruit te gaan. Om ook geld te spandeer aan nuwe tegnologie, aan nuwe treine, ens. Die fotos wat SumbandilaSat gaan neem is ook van groot waarde, aangesien dit andersins ten duurste aangekoop sou moes word by ander satelliet maatskappye.
Die naam kom van die Venda woord wat “lead the way” beteken. Hopelik omdat dit net die begin van die Suid-Afrikaanse ruimteprogram is.
Oktober 8, 2009 at 21:41
Hoe kan mens jou geld bele^ sodat jy binne vyf jaar van jou rente leef indien jy begin met ‘n neseier van ongeveer R200 en jy 33 jaar oud is en dit die middel van ‘n resessie is?
Oktober 9, 2009 at 8:17