Ek is so opgewonde ek breek sommer my stilte op die blogosfeer. Ek was lanklaas so opgewonde oor ‘n nuwe fliek. Terminator 2 sal altyd in my lys van top 5 flieks van alle tye wees. (Of ten minste in die top 3 aksie sci-fi flieks). Dis moeilik om net op die voorskou so iets te sê, maar ek gaan dit sê: Terminator Salvation gaan selfs beter wees. Dit kan moontlik die beste aksie sci-fi nog ooit wees.
Die laaste keer wat ek so opgewonde was oor ‘n fliek was vir Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull, en ons almal weet hoe dit uitgedraai het. So heel moontlik kan ek weer verkeerd wees oor hoe goed die fliek gaan wees. Maar ek dink nie so nie, om 4 redes:
1. George Lucas is nie betrokke nie
2. Dis ‘n Terminator movie, selfs die swak terminator movie (no 3) was oraait
3. Christian Bale
4. Christian Bale
Christian Bale speel nie in swak flieks nie. Christian Bale speel nie eens in gemiddelde flieks nie. Christian Bale behoort die hoogs betaalde superster in Hollywood te wees, want as hy in ‘n fliek speel, is dit amper gewaarborg om goed te wees. Gaan kyk maar op IMDB of Rotten Tomatoes. Kyk hierdie voorskou en gee my ‘n rede hoekom ek verkeerd is. Want ek is nie.
Maart 9, 2009 at 18:03
Terminator 2 is een van die 3 beste flieks ooit. Dit het my lewe verander. As ek aan my puberteit dink, is die agtergrondmusiek die Terminator deuntjie.
Waar ek verskil met jou: Ek meen Christian Bale speel wel in swak flieks – kyk veral daai een sci-fi movie waarin hy so 10 jaar terug gespeel het oor mense wat geprogrammeer word om hul gevoelens te onderdruk, dit was so crap ek het die naam vergeet. En as Heath Ledger nie ge-OD het nie, sou nugter verstande geseevier het en sou almal kon erken dat The Dark Night meer sielewroeging as ‘n episode van Thirtysomething bevat.
That having been said, ek het baie hoop vir T4. Die grapevine sê Big Arnie gaan ook ‘n verskyning maak. En soos jy ook noem was selfs T3 goed, al was die nie great nie.
Het jy egter daai TV reeks The Sarah Connor Chronicles gesien? Dit was nogal mediocre, maar dit is moontlik omdat die Terminator self nooit daarin opdaag nie en ook omdat hulle ‘n swak aktrise gecast het in die rol van Sarah Connor(jimmel ek is oorkrities, maar Terminator is ‘n heilige reeks, mens mag dit krities beoordeel). Ek het die reeks op DVD as jy dit by my sou wou leen.
Dalk moet ons bymekaarkom om T4 te gaan kyk. Dit sal nogal lekker wees om dit saam met ‘n ander afficionado te kan kyk.
Maart 10, 2009 at 9:05
Pieasng, dis ‘n date! Die dag wat T4 oop maak is ons 2 daar. Ek is so bly iemand gaan dit saam met my kyk, want vroulief en die baba sal nie belang stel nie.
Sarah Conner Chronicles was crap. Absolute crap. Amper asof George Lucas betrokke was. Ek was baie opgewonde daaroor ook, maar ek kon nie verder as die eerste 2 episodes kyk nie.
Het jy weer Dark Night gekyk na die eerste keer in die flieks? Ek het dit nou al ‘n paar keer gekyk, en ek is mal daaroor (dit raak vir my beter elke keer wat ek dit kyk). En ja, ok, Bale het seker al ‘n paar gemiddeldes ook gehad, maar dit is die uitsondering, en ek moes my punt op een of ander oordrewe manier probeer maak.
Maart 10, 2009 at 15:33
NOG ‘n opvolg. is daar niks meer innovasie in die wêreld nie?! kan niemand ‘n nuwe, oorspronklike storie uitdink nie?! is niemand bereid om ‘n kans te waag, sonder die waarborg van miljoene nie?!
daai chronicles was verveeeeeelig. touchie-feelie twak.
Maart 10, 2009 at 17:13
Zuit, het jy al ‘n datum?
Ek gaan vanaand Watchmen kyk, maar ek het niemand wat dit saam met my wil kyk nie.
Die laagtepunt van die Sarah Chronicles was toe die nerd van Beverley Hills 90210 opgedaag het as ‘n vryheidsvegter uit die toekoms, baaaahuuuuh.
Maart 11, 2009 at 8:14
Erens tussen 28 Mei en 5 Junie lyk dit my.
Lyk my Watchmen is een van daardie flieks wat mense of baie van hou, of glad nie. Laat weet as ek dit moet gaan kyk. Ek kan nie deesdae bekostig om 3 ure te mors op ‘n swak fliek nie.
Maart 14, 2009 at 14:14
Watchmen is die beste superhero movie nog. Dis my geweegde en nugtere kommentaar.
Maart 18, 2009 at 17:05
agge nee!!! ek wou nog daaroor blog. flieks wat die beste beskrywing van hulle self gee:
“it never ends”.
(ek bieg, ek het die wiegende blou penis geniet, asook die idee van ‘n threesome met twee mense. maar die res was vervelig.)
Maart 19, 2009 at 17:37
Sarah Connor, het soooo uitgesien, was soooo vies.
Ek het soveel hier kom kliek om te sien of jy iets geblog het, dus, sou dit jou stilte verbreek sal ek dit moet sien.
April 6, 2009 at 14:50
Hy het immers gese^
“I’ll be back”
April 11, 2009 at 3:25
@piesangverkoper, #1: Equilibrium.
> Terminator is ‘n heilige reeks, mens mag dit krities beoordeel
Interessant… ek sal dit nou maar nie verder vat na ander heilige dinge nie.
Junie 23, 2009 at 19:59
Noudat ons gekyk het, kan jy dalk jou menings deel?
Junie 24, 2009 at 9:05
My mening:
Christian Bale kan in crap movies speel. My raad is: stel jou verwagtinge so laag vir ‘n fliek dat jy nie regtig teleurgesteld kan wees nie. As dit dan crap is, voel jy darem nie so sleg nie.
Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer kan ek nie regtig groot foute met T4 vind nie, maar ook nie veel goed nie. Dis soos ‘n musiekvideo, en die storie en karakters is omtrent so boeiend as ‘n musiekvideo.