Springbokke 42 – Engeland 6. Engeland se grootste verloor ooit op Twickenham. Die meeste punte ooit teen Engeland op Twickenham. Om Engeland se laaste drie teen Suid-Afrika te onthou, moet mens 14 maande terug gaan in die geskiedenis. Dit was lekker. Die onderhoud met Martin Johnson, op die dag presies 5 jaar na hy die Wêreldbeker omhoog gehou het en Engeland gedink het hulle regeer nou weer die rugby wêreld, het dit selfs nog lekkerder gemaak. Hierdie is joernalisme op sy beste. ‘n Joernalis wat nie skroom om sy teleurstelling en woede op die onderhoud uit te haal nie.
November 23, 2008
November 23, 2008 at 12:03
Baie lekker en vermaaklik om na te kyk!
November 23, 2008 at 14:52
My tone het ook gekrul, maar ek het darem simpatie gehad met Johnson. Ek bewonder sy kalmte – ek dink as ek in sy skoene was, het die joernalis ‘n klap gekry. Om darem so gepeper te word net na ‘n loesing op Twickenham moet ‘n tweede straf wees.
Nietemin, die manne was minder moeg en het gespark!
December 1, 2008 at 19:17
dorothy’s back
December 2, 2008 at 14:51
Hmn …
December 9, 2008 at 10:05
soooooooooo…is die kind al gebore???
December 9, 2008 at 10:16
Nope, eers einde Januarie rond.
December 30, 2008 at 20:29
nee wragtag Zuit, wanneer gaan jy nou eendag skryf oor die krieketin Oz??
Lekkerrrrrrr!!!
AFWAGTEND op R
Januarie 28, 2009 at 13:40
so, het hierdie blog geskuif en niemand vir my gesê waarheen nie?
Maart 12, 2009 at 8:15
haha, ek hou van jou entoesiasme!