Die hele matriekafskeid storie kan ek skaars onthou, dit was effe lank terug. Maar ek onthou dit was nogal ‘n antiklimaks. Miskien het dit iets te doen daarmee dat ek 5 keer ‘n date moes vra voor een ja gesê het (heelwat later kom dit toe uit 1 van die 5 bat vir die ander span, maar dis ‘n ander storie). Of miskien is die hele storie net effe belaglik. Wanneer mens op universiteit eers na huisdanse toe begin gaan, kom jy agter hoe ‘n formele dans moet wees. Niks van die maandelange hype en stress, peperduur uitrustings of professionele fotograaf wat die fotos vooraf neem nie. Daarvoor kan jy wag tot jy eendag trou. Dis mos maar net ‘n dans my magtag! Die kinders (en ouers) werk hulself so op dat niemand op die ou end die storie kan geniet nie.
Nou ja, genoeg van my matriekafskeid, kom ons kyk na ‘n paar van die gestressde paartjies wat heirdie jaar ‘n matriekafskeid bygewoon het, en toe besluit het om die fotos in te stuur vir Die Burger. Wat mens dan die reg gee om jou eie byskrifte by die foto’s te plaas.

“Ek wonder wat die WP saterdag gaan maak. Wag, ek moet seker lyk of ek belang stel.”

Lyk my hierdie scene werk nie net vir trou foto’s nie.

Jack Black se matriekafskeid foto!

Hiert, waar’s daai hand?! Lyk my nie hy kon wag tot na die partytjie om op second base te kom nie.

Moenie dat oom Angus die foto sien nie!

“My Prescious. Mine, ALL MINE!”
Oktober 3, 2008 at 12:03
Die hoogtepunt van elke matriek leerder se jaar…yeah right! Ek onthou dat ek ampe my Oupa se BMW afgeskryf het oppad afskeid toe. Ek en my pêl het self gery en ons dates opgetel oppad
Die “op dress” is belaglik. My meisie het my destyds forseer om die aakligste onderbaajie te draa met een van daai cowboy das-goeters.
Ek dink nie eens ek het enige fotos van my Matrikeafskeid nie. O well, do I look bothered?
Oktober 3, 2008 at 12:08
Foto 1 – lyk soos Jaco van Ddisselblom)
Foto 3 – bietjie Nicholis Louw
Foto 6 – sy kan dalk Jocelyn Wildenstein se dogter wees (http://img215.imageshack.us/img215/9426/jocelynjl8.jpg)
Oktober 4, 2008 at 13:33
Die ou op die laaste foto se^, “Ek voel hom al skop!”
Dis regtig hartseer storie oor jou matriekafskeid date wat toe al die tyd heteroseksueel was.
Oktober 5, 2008 at 1:01
lol @ laaste foto
Oktober 6, 2008 at 15:44
ek wonder of hulle self die foto’s instuur en of hul ma’s dit doen?
Oktober 16, 2008 at 17:07
Ehm, ek maar die ou gevra, en hy het maar ja gese…dit was nie ‘n skrikkeljaar nie.
Oktober 24, 2008 at 12:24
Die byskrifte is vrek snaaks. Foto 2 moes net dalk die tema maar by troues gelos het…of is dit ‘n profetiese uitbeelding???? hahahahahahahahahahahaha
Januarie 27, 2009 at 21:28
Vir wie het jy almal gevra? En is Suzanne toe saam met jou matriekafskeid toe?
Januarie 28, 2009 at 8:20
Yo Mary, soos ek gesê het, dis ‘n episode wat ek al uitgeblok het, ek onthou nie veel nie. Dalk maar beter so, die lewe gaan aan.
February 2, 2009 at 22:47
Ja, ek dink in elk geval dis over rated.
February 3, 2009 at 16:51
Ek weet wie was saam met Pienk Zuit matriekafskeid toe.