Freddy het ‘n lyie gemaak van flieks wat hy nooit sal kyk nie. Soms is flieks duidelik net so swak uit die voorskou dat ek gewoonlik nie kan glo dat enige iemand dit ooit kyk nie. Maar tog is daar mense wat dit gaan kyk, en ‘n deel van daardie groep is selfs mense wat van die fliek hou (Leon Schuster flieks as voorbeeld). Elkeen van ons het maar ‘n fliek of twee, of ‘n streek of twee, waarvan ons hou, maar te skaam is om te erken voor ander.
So hier is my lys van flieks, akteurs, sportsterre / spanne en ander dinge waarvan ek hou of gehou het of ondersteun het, maar waarskynlik nie hardop sou erken nie:
- Die Rocky en Rambo reekse (nou nog)
- Keanu Reeves
- Milli Vanilli (voor hulle uitgevang is)
- Ivan Lendl in die Wimbledon finaal te Borris Becker
- Brandewyn en coke
Watter streke steek jy weg?
Augustus 22, 2008 at 14:53
Tel ABBA?
Augustus 22, 2008 at 15:03
Hang af hoe hard jy saam sing…
Augustus 22, 2008 at 17:28
As ek ‘n fliek kyk, gee ek nie om wie weet daarvan of wat dink hulle daarvan nie.
Augustus 24, 2008 at 7:53
Ek moet seker skaam kry oor hoe baie ek nog van kinder flieks hou.
Augustus 25, 2008 at 14:41
ABBA is die shizzle.
na na na dancing queeeeeen / na na na / bla bla bla / only seventeen!!!
/me boogie
Augustus 25, 2008 at 15:10
harold en kumar-movies
britney spears
jean-claude van damme
Augustus 25, 2008 at 17:51
Spice Girls!
Modern Talking
Augustus 25, 2008 at 18:18
Jinne Rustig daar praat jy nou in 1988 het ek na Modern Talking by Sun City gaan kyk. Ek het vir ‘n week nie geslaap daarna nie, dit was wow!
Abba- ek hou van.
Viennas – ek eet dit
Augustus 25, 2008 at 21:21
Rosa ek het al Modern Talking se “tapes” gehad. Al ses van hulle.
Augustus 25, 2008 at 21:23
Aqua – Barbie Girl
September 1, 2008 at 12:38
Ek was by ‘n Indecent Obsession konsert. Ek kan nie aan ‘n goed genoeg verskoning dink nie.