Die waters van Walkerbaai ontplof soms.
Iemand moet dalk net volgende jaar die publiek in Hermanus ‘n paar goed vertel vóór die Kalfiefees begin:
- Net omdat jy onthou dat Frank Opperman snaaks was as Ouboet in “Orkney Snok Nie”, beteken dit nie jy MOET vir elke sin lag wat hy uiter in sy uitstekende eenmanstuk “Wyk 14″ nie. Groot dele van wat hy kwytraak is nie snaaks nie; dit is nie bedoel om snaaks te wees nie. Nog erger, dele daarvan is eintlik hartseer, so veral dán hoef jy nie te lag asof jy vir Canned Laughter Inc werk nie.
- Baie min toneelstukke is interaktief, in die sin dat jy gewoonlik nie hoef antwoorde te skree op ‘n karakter se retoriese vrae nie.
- Jy is nie regtig so snaaks soos jy dink wanneer jy “Bel vir Niekie” skree terwyl ‘n karakter op die verhoog vertel van die moeilike tye waardeur ons land gaan nie.

August 15, 2008 at 13:42
ag nee. regtig?
August 15, 2008 at 15:45
Jip, ongelukkig alles waar.
August 17, 2008 at 20:21
Soos Nataniel se stories, is eintlik nie snaaks nie, is hartseer-mooi. Maar die mense snorklag so hulle mis dit.
August 19, 2008 at 15:00
Die mense verwar seker die verhoogstukke met “pantomime”.
August 22, 2008 at 9:15
You can’t take the Afrikaner out of the Afrikaner. Dit laat my dink aan die stories oor toe die eerste dieretuine in Europa oopgemaak het, 17-something. Mense het glo met gewere en stokke soontoe gegaan, want hulle het gedink dit word van hulle verwag om die olifante en leeus te skiet. Die idee dat jy kan kyk sonder om deel te neem, het net glad nie sin gemaak nie.
August 25, 2008 at 18:15
Bertus…mense, mense…maak my mal. Dalk is ek ‘n dier.