Johan Swarts vra of hy eintlik net so skuldig is soos die diewe wat sy CD-speler uit sy motor gesteel het, omdat hy CDs kopieer. Ek lei af sy vraag gaan oor reg of verkeerd ten opsigte van moraliteit / etiek, eerder as die wet. Die antwoord hang af van hoe jy na die konsep van intellektuele eiendom kyk dink ek.
Eerstens is dit belangrik om te noem dat kopiereg skending nie = diefstal nie. Net so min as wat ‘n spoedoortreding = diefstal. Dit is ‘n oortreding van ‘n heel ander wet. Diefstal was nog altyd verkeed, sedert wette bestaan het, kopiereg het eers in die laaste paar eeue ontstaan. Dit is belangrik om die debat ten minste op die regte plek te begin.
Kom ons begin by hoe kopiereg ontstaan het. Dit het begin na die eerste boek drukkerye begin het. Voor dit was die proses om ‘n boek te kopieer letterlik iemand wat met die hand die boek oorgeskryf het. Dit was eerder gesien as ‘n groot eer as iemand jou boeke kopieer, want hulle was bereid om al daardie moeite te doen omdat jou boek goed genoeg is.
Kopiereg het ook verander soos die samelewing se siening verander het van wat regverdig is. Toe fotokopieerders uitkom, het mense net dele van ‘n boek gekopieer in biblioteke, en dit is gesien as “fair use”. Voor digitale musiek was dit aanvaarbaar om liedjies op te neem van die radio af en ‘n mix tape te maak, maar toe digitale musiek dit te maklik maak om perfekte kwaliteit musiek oneindige kere te kopieer word dit ‘n groot kwessie. Toe word kopiëring skielik = diefstal. Afrikaanse kunstenaars baat ook grootliks uit die “ek is trots op Afrikaans en moet dit beskerm” gevoel, en baie mense sal weier om enige Afrikaanse musiek te kopieer maar nie skroom om Britney of Maria Carrey se CD te kopieer nie.
Die hele idee van hoe kunstenaars geld maak moet hersien word. Hoekom moet meeste ander mense dag tot dag werk om betaal te word, terwyl kunstenaars vir ‘n paar maande werk om ‘n CD te maak en dan jare daarna nog geld maak daaruit? Die idee van wat hulle produk is moet hersien word. Hulle moet hulle konserte / optredes as die produk sien, met die CD net ‘n advertensie wat mense na die konserte toe bring. En dis presies waarvoor die platemaatskappye so bang is. Dan gaan hulle skielik nie meer beheer hê oor die hele musiekindustrie nie. Dit is reeds besig om in daardie rigting te gaan, Radiohead en nine inch nails is goeie voorbeelde van mense wat verstaan dat die nuwe besigheidsmodel kan werk. Die platemaatskappye probeer weer in die ander rigting trek deur tegnologie soos DRM en selfs onderduimse tegnieke, maar op die ou end stry hulle onsuksesvol teen verandering soos die perdekar vervaardiggers na die binnebrandenjin uitgevind is.
Die idee van intellketuele eiendom, en dat kopiereg die enigste manier is om motivering te bied vir iemand om musiek, boeke of sagteware te skep is besig om te verander. Mense begin agterkom dat jy eerder ‘n diens moet lewer as ‘n produk.
Julie 22, 2008 at 13:59
amen.
gepraat van verandering, wanneer dink jy gaan daar ‘n goedkoop alternatief tot petroleum kom?
Julie 22, 2008 at 14:16
Hopelik nie te lank nie Johan. Kyk bietjie hier:
http://www.ecogeek.org/content/view/659/
en hier:
http://www.eco-can.ca/eco-news/2008/7/17/tata-motors-air-car-set-to-hit-the-streets.html
Ek sal vir seker een aanskaf om werk toe te ry, veral teen die prys wat hulle noem ($8177).
Julie 22, 2008 at 15:31
Ek wonder of daar enigsins ‘n konsep soos intellektuele eiendom kan bestaan. Kan ek ooit ‘n idee kry wat net myne is? Is alle idees nie maar die samelewing s’n nie, die produk van wat ek by almal geleer het en nou net so stukkie verder vat. Skuld elke musikant nie almal wat voor hom gekom het en hom gevorm het nie? Hoekom moet dan net die musikant betaal word vir die musiek? Hoekom nie die gemeenskap nie?
Julie 22, 2008 at 16:22
Ek dink tog daar is iets soos intellektuele eiendom. ‘n Goeie idee vat gewoonlik tyd en werk om by uit te kom, en dis juis ‘n goeie idee omdat niemand anders nog daaraan gedink het nie. Maar tot watter mate dit moet “beskerm word” is ‘n ander vraag. Huidiglik word enige iets wat kompetisie kan wees vir ‘n goeie idee afgeskiet as kopiereg skending. Net omdat jy ‘n goeie idee het behoort dit nie vir jou ‘n inkomste daaruit te waarborg nie. Gebruik eerder die goeie idee om ‘n diens te lewer aan ander, en geld te vra vir die diens.
Iets soos sagteware patente het eerder tot gevolg dat innovasie gestop word as dat dit bevorder word. Mense is te bang om te innoveer, want netnou dagvaar iemand hulle oor een of ander simpel patent wat hulle kamstig hou.
Julie 22, 2008 at 16:38
Ek weet nie van hierdie stellng nie:
“Hoekom moet meeste ander mense dag tot dag werk om betaal te word, terwyl kunstenaars vir ‘n paar maande werk om ‘n CD te maak en dan jare daarna nog geld maak daaruit?”
Ek dink daai stelling verg verdere dinkwerk.
Julie 23, 2008 at 9:10
Bertus!, ek weet nie wat om nog daaroor te sê nie.
Julie 24, 2008 at 17:33
ek dink jy’s verkeerd oor een ding: dit was nog altyd onwettig om liedjies van die radio of te tape of ‘n mix tape te maak.
of dalk is jy reg. dit was onwettig, maar miskien was dit tog vir sommige mense aanvaarbaar.
jy vergeet ook van die christene: “mens kan maar madonna copy, maar jy koop christelike cd’s”. huh?
Augustus 2, 2008 at 12:57
Ek kom miskien nou te laat by hierdie gesprek, maar ek dink dit is een baie interessante debat.
Eerstens dink ek nie ‘n mens kan een oortreding van die wet regverdig met ‘n ander nie. Om te se dat spoedkaartjie nie gelyk is aan steel nie, maak nie die spoed oortreeding reg nie. Dit mag wel in ‘n ander perspektief gesien word, maar dit is steeds ‘n oortreding.
Tweedens die stellings dat:
1) ‘n kunstenaar ‘n CD maak en dan vir altyd daarby baat, asook
2) dat dit die ‘ek is ‘n Afrikaner trots’ aan help,
is nie heeltemal reg nie:
1) Indien jy bv SABC2 tussen 18:00 en 19:00 in die week dop hou sal jy vind dat daar vele kunstenaars is, wat die mark in SA aan die gang hou. Ja daar is die Kurt D’s wat blom, maar ‘n mens sal ook vind dat hulle elke 6 maande op die rakke moet wees om kop be water te hou.
2) Ek weet nie van een ‘trotse Afrikaanse musiek’ eienaar wat meer as 10 oorspronklike Afrikaanse CDs het uit ‘n versameling van 100 nie…
Wat wil ek se? Die probleem le nie by enkele persone wat hulle produkte of goeie idees wil beskerm nie, maar eerder die groot maatskappye en ‘powers’ wat deur wetgewing soos die kopiee reg hulle monopolie instand wil hou.
Augustus 28, 2008 at 11:53
[...] Eiendom 2 Posted by Pienk Zuit under Uncategorized Na aanleiding van ‘n vorige inskrywing, hier is ‘n prentjie wat mooi verduidelik wat die verskil is tussen steel, file sharing en [...]
November 12, 2009 at 17:34
Hello Pienk
Juffer
Wat maak ‘n mens as iemand jou blog kopieer op CD’s en die inligting verkoop as hul eie?