Ek is ‘n optimis. My huis het nie diefwering nie; ek het nog altyd ‘n redelike goeie toekoms gesien vir ons land. Ek ontken nie probleme nie, maar sien dit as iets wat opgelos kan word. Wat sal beter word as ons eerder positief is en saam werk om dit op te los.
Vroeër die week gesels ek oor middagete met ‘n vriend en sy vrou, wat ook redelike positiewe (maar tog praktiese) mense is. Op ‘n stadium gaan ons gesprek oor “As dinge nou regtig ernstig fout gaan in SA, waar trek mens die lyn wanneer jy sê jy gaan nou trek na ‘n ander land? En waarheen sal jy dan gaan?” Eers na die tyd dink ek, dis vir my jammer dat ek enigsins daaroor dink. (My antwoorde is ‘as ek nie meer hier kan werk nie, en suide van Frankryk, Kalifornië / Florida as Obama prez word, miskien selfs Oz’).
Ons is besig om al hoe meer neerslagtig en negatief te raak oor die toekoms. Gaan neerslagtigheid help om dit te verander, of te laat beter gaan? Is dit iets wat mens kan kies om nie te doen nie? Hoekom word optimiste uitgekryt as ‘living in a fool’s paradise’ deur pessimiste (of ‘realiste’)? Omdat hulle dink hulle pessimisme los iets op en almal moet eerder pessimisties wees, dan gaan dit beter word? Is dit regtig ‘n beter alternatief tot optimisme? As jy in elk geval voel of jy nie iets aan ‘n saak kan verander nie, hoekom nie maar eerder kies om goed te voel daaroor as sleg nie (dis nie eens in ag geneem dat jy baie keer wél iets kan doen aan die saak nie)?
Dalk is ek net gelukkig, maar daar is nog nooit by ons huis ingebreek nie, ons is nog nooit ge-hijack nie, beroof nie, en nie 1 van ons motors is al ooit gesteel nie. Die absolute ramp van epise proporsies, wat ons land nou oor die afgrond gestuur het in dieselfde gat as Zimbabwe in, die kragonderbrekings, het ons krag op die meeste 3 keer laat afgaan. Niks is beskadig en niemand het seer gekry in enige van daardie 3 kere nie. In teen deel, ons het die geleentheid gekry om in die week te braai. Die ergste wat gebeur het is dat ons ‘n episode van 7delaan gemis het (hallo Omnibus op ‘n Sondag).
As jy regtig dit nie oor jou hart kan kry om positief te voel nie, dink net hieraan: ons is die rugby wêreldkampioene, en ons bly dit tot 2011. En volgende jaar hou ons verkiesing.
February 13, 2008 at 15:59
Baie Dankie Zuit! Dankie dat jy dit wat ekself nie heeltemal reg kon uitdruk nie, vir my so mooi verwoord het. Ek verkies ook eerder om optimisties te bly en ek is beslis nie ‘n “fool” nie.
Daar is al by my motor ingebreek en my selfoon en laptop gesteel, maar ek kon beter voorsorg getref het. Ja, ek weet dit behoort nie so te werk nie, maar dis nou net hoe dit is (met of sonder Steve!)
Ek wil nerens anders as hier bly nie, en sal seker dan ook die laaste rot wees wat die skip sal verlaat, indien ooit.
February 13, 2008 at 16:35
amen!
February 13, 2008 at 16:38
Optimism: seeing the world as it really is.
Pessimism: seeing the world as it really is.
Ons krag voorsiening is nogals sleg. (Meer so as net die kragonderbrekings, want ons woon op ‘n stukkie plaasgrond. En Eskom het hul hande vol.)
Ek wonder ook eerder: wat kan ons doen om by te dra tot ‘n beter toekoms? En ek wonder wat ons alles kan insluit onder “missional living”…
February 13, 2008 at 17:59
Bly om weer iets positief oor SA te lees, veral omdat ons oppad terug is na ons jaar lange swop en almal vertel ons mooi hoe “stupid” ons is. Ek hoor net stringe “bly daar!” – maar ek wil nie, my huis is Suid-Afrika.
February 13, 2008 at 21:13
Wat interessant is van Suid-Afrika is dat die afgrond altyd so vyf jaar in die toekom in is. Dit was nog altyd – selfs in die 70’s het mense jou gese^ oor 5 jaar gaan alles in duie stort. Dit het nooit.
Nou maak baie mense egter die fout om te dink net omdat die ramp nooit gebeur het nie, sal dit ook nooit gebeur nie. Dis blinde optimisme en dis eintlik net so dom soos blinde pessimisme. Die waarheid is eintlik maar net dat ons nie weet wat gaan gebeur nie.
Na 1994 het dinge net aanhou beter en beter word, maar ek dink dit het hier rondom 1999/2000 gepiek, dis net my gevoel. Ongelukkig weet niemand van ons rykes wat in die armoedige 60% van SA aangaan nie, en daarom weet niemand wat die toekoms regtig inhou.
Ek sal nogal eendag e^rens wil bly waar ek met ‘n geruste gemoed ‘n 10-jaar plan kan maak.
February 14, 2008 at 1:41
Hehe…daar is al verskeie kere by my kar ingebreek. Hel, die ding is selfs gesteel. (Met my kitaaramp in die boot. URGH!)
Maar ek gaan nie sit en sanik nie. Dis pissie. Kudos, Zuit.
(Terselftertyd steun ek Bertus! se sentiment oor blinde optimisme. Maar ek weet jy’s nie blind nie.)
February 14, 2008 at 5:22
Zuit, ek kan amper met sekerheid se jy woon nie in Gauteng nie? (indien jy wel in Gauteng woon, is jy een geseende mens!) Ongelukkig is diegene wat kan se dat hulle nog nooit deur misdaad geaffekteer is nie, ‘n al hoe kleinerwordende minderheid.
Ek respekteer elkeen se keuse op positief te bly. Ongelukkig loop die realiteit van toenemende en afgryswekkende geweldsmisdaad soos die spreekwoordelike “brullende leeu” daarbuite rond en al hoe meer mense word slagoffers.
Mense is bekommerd oor die Japanese wat dolfyne doodmaak en eet, maar wat van die daaglikse slagting in SA? Het ons afgestomp geraak daarvoor? En bly jy steeds positief nadat jy of jou geliefdes onder die ergste, denkbare wreedheid deurgeloop het?
Ek ken te veel mense, ek het al te veel ervaar, ek weet te veel. Graag sou ek van julle optimisme wil deel, maar dan sou ek my eie rasionaliteit moet verkrag.
En om terug te kom na my eerste sin: Ek het in beide Gauteng en die Kaap gewoon en ek kan getuig dat daar ‘n wesenlike verskil in geweldsmisdaad tussen die Kaap en Gauteng is (maar ook nie meer vir lank nie…).
NS: Ek het hier slegs op misdaad gefokus en nie op etlike ander kommerwekkende verwikkelinge nie, anders raak my kommentaar omslagtig.
February 14, 2008 at 12:43
To each his own sê ek. Mens moet doen wat vir jou, en jou gesin reg is. As dit beteken om oorsee te gaan woon en ‘n nuwe begin daar te maak, go for it. As jy aan die anderkant familie en mooi weer as noodsaaklikhede beskou en bereid is om so bietjie op jou hoede te wees, so be it. Ek kan net sê dat dit vir my hartseer is dat daar enigsins gedebateer moet word oor of mens positief of realisties moet wees oor jou geboorteland.
February 14, 2008 at 15:07
Lekker om ‘n positiewe mens raak te lees. Waar bly jy? Kan nie glo dat ‘n persoon nog nie deur misdaad geraak is nie.
February 14, 2008 at 18:55
Mense wat se dit gaan nog goed in die land is of
a) dillusional and certifiable
b) het nog nie in ‘n land geleef waar jy nie in vrees / sonder onsinnige kak-en-harre / kies jou rede hoef te leef nie
Suid afrika is soos ‘n grasperk (kom ons se maar die een in Die Braak:
Dis groot, groen, mooi en daar om vir almal te gebruik en te geniet. Die ding van ‘n grasperk is dat dit nie erg baie intensiewe instandhouding benodig nie, maar as jy niks doen nie verander dit in ‘n baie kort tyd in ‘n kaal stuk veld.
Die ding van ‘n grasperk is dat dit konstante bietjies onderhoud en so bietjie beplanning verg. Dit moet gereeld water gegee word. So af en toe ‘n bietjie kunsmis, so een keer per jaar so bietjie onkruiddoder en dan natuurlik kan die volk en sy broer nie willens en wetens loop waar hulle wil nie of dit sal gou uitgetrap word.
Die probleem met die Suid Afrikaanse grasperk is dat alhoewel daar nog gereeld water en voeding gegee word, die indringer onkruid nie meer in die kiem gesmoor word nie.
Ons ken almal daai baie klein, fyn duwweltjies – daai’s wat so een-een maar so 7 op ‘n slag onder jou voete inslaan. Hulle lyk nie asof hulle kan seermaak nie, maar so saam-saam maak hulle die grasperk onbruikbaar vir die wat daarop wil sit, le of selfs net sorgeloos kaalvoet daaroor wandel. Slegs die met dik skoene kan nou beperkte genot uit die gras put.
Die ding van die duwweltjies is dat met net ‘n klein bietjie beplanning, wilskrag en common sense dit maklik is om te verhoed dat die hele grasperk gespoil word.
Dis algemene kennis dat die duwweltjieplant teen die einde van die winter so plat tussen die gras vatplek begin kry vanwaar hy stadig maar seker sy kol-lonasie begin. Slinks is hy eintlik, want groen is hy en geel is die blom en so steur dit nie jou oog nie. Kan ook nog lekker le en rol op die gras.
Dis egter nou terwyl hy so skadeloos en swak aan die groei is dat mens onkruidoder moet spuit. Doen jy dit nie word dit te laat.
Doen jy dit eers later gaan die plant stadig dood en laat groot, dor, bruin kolle wat die hele somer daar sal wees. Nie mooi vir die oog nie, belemmer bietjie die genot van die grasperk, maar darem is dit nog bruikbaar en met die kennis wat uit die foute van die verlede bekom is kan dieselfde fout die volgende jaar verhoed word.
Spuit jy nie gif nie sal die plant later wel vanself verdwyn en dan dink jy nes Bob Marley dat die probleem oor is en alles groen en hunky dory is … totdat jy eendag weer ingedagte oor die gras stap en jy ‘n steekpyn neffens jou hakskeen voel. Trap gaan egter nou niks help nie. Dis reeds te laat. Die paradys is reeds gespoil.
Die ding van Suid-Afrika is dat die duwweltjieplant nou al lankal slinks en plat gerank het en ooral oor die grasperk vatplek gevind het. Iemand het nou nodig om te se: “Ons moet gif spuit anders gaan dit te laat wees.” Iemand moet bereid wees om op te staan en verantwoording te vat vir die lee kolle wat gelaat gaan word. Die regering moet bereid wees om die dor kolle te aanvaar.
Die probleem is egter dat die mense in beheer altyd wil he dat die gras groen aan hulle kant van die draad moet wees.
En daaaaaaaaaaaaaaaaarom is almal wat dink dat die ergste verby is verlangs familie van Pippie Langkous.
Om mee af te sluit: “Dinge gaan nog baie erger word voor dit nog erger gaan word.”
Hasta la vista, mate.
February 14, 2008 at 20:37
Zuit, dis die beste post wat ek in ‘n lang tyd op die SA web gelees het. Die hele ding gaan oor houding, dis vir my ironies dat die negatiewe mense juis diegene is wat die ergste deur misdaad geraak is. Mense wat positief is, of minstens probeer om die lewe vir hulself goed te maak en op te hou kla in hierdie land, is diegene wat nie eintlik probleme optel nie. Ja, my kar is ook al gesteel, in ‘n area berug vir kardiefstalle. My ma, wat in Johannesburg woon, het nog nooit enigiets oorgekom nie. My pa, wat tot onlangs in Johannesburg gewoon het, het nog nooit niks oorgekom nie. Ook ooms, tantes, vriende wat daar woon, die lys is lank. Ek leef heel gelukkig hier in die Kaap, en heel veilig. Die toekoms is altyd onbekend, anders sou ons almal skatryk geword het op die aandelebeurs. Maar die feit dat die toekoms onbekend is, beteken glad nie dis duister nie. Ek het baie hoop, selfs (juis) vir die Zuma-bewind. Die armes moet nog meer opgehef word, wat hy beslis sal doen, dit sal sommer misdaad ook laat afneem. Dis mos logies. En laastens, ja, ek weet ek gaan eersdaags in Dubai werk, maar dis nie om te vlug nie. Hoeveel mense vra my nie elke dag of ek nou permanent daar gaan bly nie, en is heeltemal verstom as ek antwoord ek sal bly solank dit vir my lekker is, maar ek wil definitief weer terugkom hierheen. Ek hou al my eiendom wat ek hier het. Daar is te veel goeie dinge te sê vir SA as slegte dinge.
February 14, 2008 at 21:18
Ek is bevrees Zuma gaan nie die armes ophef nie. Mooi sentimente gaan nie die armes ophef nie. ‘n Einde aan korrupsie, ‘n sterk openbare sektor en ‘n florerende ekonomie gaan die armes ophef. Klink dit soos Zuma?
February 14, 2008 at 21:44
‘Skuus, my laaste comment was onnodig negatief. Rondie is eintlik reg. Mens moet jou opsies verken, maar nie jou geleenthede hier vergeet nie, want al is daar ‘n risiko, is dit nie ondenkbaar dat Suid-Afrika ook ‘n hoogopbrengsbelegging kan wees nie. Dit is heel moontlik om die weg in albei rigtings oop te laat.
February 14, 2008 at 21:52
Rondloper? “Die hele ding gaan oor houding, dis vir my ironies dat die negatiewe mense juis diegene is wat die ergste deur misdaad geraak is.” Watse snert is dit? So vrouens wat verkrag word, het heel moontlik crap houdings gehad om mee te begin en dis juis hoekom so iets met hulle gebeur het? Asseblief. So my oom wat in Rustenburg koelbloedig in die kop dood geskiet is deur sy plaaswerkers, dieselfde plaaswerkers waarvoor hy ‘n kerk en huise op SY plaas voor gebou het, was negatief en dis heel moontlik hoekom dit gebeur het. So ek was amper verkrag, was beroof van my selfoon met ‘n geweer in my sy ingedruk. Miskien moes ek net meer positief gewees het dan sou hierdie crap nie met my gebeur het nie. My vriendin se ma, moes net meer vir haar medemens by die sopkombuise gedoen het as wat sy reeds gedoen het, dan sou sy nie gekaap en vermoor gewees het nie. (Terloops, net daarna is haar dogter, my vriendin, ook gekaap. Hoe durf my vriendin negatief wees. Haar ma is net gekaap en vermoor.) Die ou tannie oorkant my seun se laerskool moes eerder nie ‘n hart vir bedelaars gehad het nie, dan sou sy nie nou keel af gewees het nie. Nee, o hemel… Nog een ding. Amy Biehl (hoe de hel jy ookal haar van spel) wat GEMEENSKAP werk in Guguletu gedoen het, het seker ‘n CRAP, crap houding gehad! Stupid girl.
February 15, 2008 at 2:41
Ek dink baie mense voel aansienlik meer positief as hulle weet hulle kan, as dit moet, hulle heil elders gaan soek. Ek het baie respek vir die ewige optimis wat stuck is in ‘n squatter camp in Gauteng.
Wat vir my nogal scary is, is om die volgende gesprek met ons toekomstige prez op TV te sien:
Journo: Some people say you’re a crook.
Zuma: A crook? Siriyas?
February 15, 2008 at 8:33
Ek besef 100% dat ons gelukkig is om ‘n relatiewe vreedsame bestaan te voer tot nou toe (ons bly in Somerset-Wes vir die wat nuuskierig is). En dit maak dit natuurlik makliker om optimisties te wees. Ek ontken glad nie die probleme nie. Dis aaklig om te hoor van ‘n 9-jarige dogtertjie wat vermoor en verkrag is in ‘n klein dorpie in die Karoo.
Maar die vraag wat ek vra is wat dit gaan verander om by elke braaivleis te staan en kla oor hoe sleg dit gaan. Om so negatief te raak dat dit alles wat goed en mooi is in jou lewe vergiftig. Daar is regtig ‘n verskil tussen fokus op dit wat goed is, en ontkenning van die slegte goed (soos Thabo doen). Ontkenning maak dat mens niks doen aan dit wat fout is nie, want daar is dan niks fout nie. Optimisme maak dat mens iets probeer doen om die sleg te verander in dit wat goed is, omdat jy nog weet wat goed is.
Christine, ek dink jy’s reg dat dit makliker is om vas te byt as mens weet jy’t ‘n alternatief. Ek het nog nie regtig so daaroor gedink nie. So dan antwoord ek my eie vraag : Plan B maak dit makliker om by Plan A te hou. anders raak mens paniekerig as dit lyk of Plan A besig is om skeef te loop.
February 15, 2008 at 15:25
Silerminter, jou grasperk-analogie is treffend! En so van die konsepte “negatief” en “positief” gepraat. Dit word nogals maklik rondgeslinger en om mense se nekke gehang. Ek wil tog net se dat ek positief is oor my eie lewe en oor baie dinge in die wereld. Om negatief te wees oor ‘n spesifieke kwessie, maak nie van ‘n mens ‘n negatiewe mens nie.
February 15, 2008 at 15:25
silWerminter…
February 15, 2008 at 15:52
Ek wil graag my kommentaar oor positief en negatief bietjie ophelder. Roer, by geen strekking van die verbeelding probeer ek voorgee dat slegte dinge met mense gebeur omdat hulle negatief is nie. Wat ek probeer sê, is dat ek, persoonlik, self, ek, rondloper, in my lewe vind dat hoe meer positief ek oor dinge dink, hoe beter gaan alles, begin ek negatief raak en negatief praat, raak my hele wese sommer vanself negatief en donker en alles gaan sommer net sleg. Om aanhoudend net oor die slegte dinge te praat en te blog, soos so baie mense doen, om aanhoudend te hamer op die misdaad in die land, of die ‘Zimbabwe-ramp’ a.g.v. die kragkrisis, maak mens net meer en meer negatief. Dis alles werklike probleme, ja, maar ek glo daar is baie mense wat ook probeer om dinge beter te maak. Ek glo vas positiewe denke trek positiewe dinge aan. Ongelukkig gebeur aaklige dinge wel met positiewe mense, dit is vir my moeilik om te verstaan en baie hartseer.
February 15, 2008 at 21:57
Thanx, Bib – alhoewel ek teen die klok in die internet cafe geitk het dink ek die essensie skyn tog deur.
Ek het juis vandag weer oor die post gedink en toe ook oor Christene. Niks daarteen – meer daarvoor, maaaaar dis juis die wat geloof in die (wat ek dink) nie bestaande het wat soveel makliker in die vrugte van hoop en positiewe denke sal glo.
(Ek stem saam met Bertus! – suiwer kapitalisme sal almal die meeste baat.)
Positiewe denke het nog fokkol verbeter nie. Dis soos om in Karma te glo – ‘n moerse nice gedagte totdat die bliksem vir wie jy sopas prima bonus carguard geld betaal het gehelp het om by jou kar in te breek en jou liefling kitaar te steel. Fok karma se ek!
Mense doen dinge omdat hulle iets daaruit kry. Ja, selfs die mense by die Rooi kruis (bv.) want dit laat hulle goed/belangrik/ minder skuldig voel/watookal voel. So be it – nothing wrong with that.
Positiewe denke, ‘n blinde oog draai en hompe karma gaan egter nie eens ‘n bydrae lewer vir die grafskrif op jou vrou se kopsteen nie.
February 16, 2008 at 6:57
Dis vir my opmerklik dat hierdie ‘n “hot topic” deesdae op die blogs is en ek lees dit ywerig, synde ek nou al 7jr in die buiteland bly. En tipiese “Libra” kom ek nooit by kommentaar lewer nie, want ek sien albei kante van die argument en albei kante het ‘n stuk waarheid beet. Ek dink baie hang af van jou geleenthede (Plan B), wat jou doelwitte in die lewe is en waar jy jouself in jou lewenspad bevind. Soms tob ek oor “hoe sou my lewe gewees het as ons nog in SA gebly het”. Sou die beter gewees het as nou of slegter. En ek weet nie. Ek het vrede gemaak met die feit dat waar ek nou is, is waar ek moet wees. Ek sit nie en tob of ons moet teruggaan nie. Frankly ek sien geensins kans om weer oor te begin nie. En waar ek nou bly is vir my goed. Ek mis my familie, maar ek pas nie meer in in SA nie. Dis nie meer my huis nie, waar ek nou bly is my huis. En dis nie perfek nie (die weer is great!). Maar Woensdagand het iemand my karruit gebreek voor die boekwinkel en my werksak gesteel. En dit het nooit met my gebeur in JHB nie. Maar ek aanvaar dit as deel van die lewe. Ok – die sheriff was daar in 10 minute nadat ek geskakel het. En ek het nie diefwering voor my venster nie. En niemand word verkrag in my dorp nie. Maar daar is ‘n dwelmprobleem by die hoerskool en ‘n 14jarige kind is in die naburige “county” deur ‘n mede-leerling in die klas geskiet omdat die slagoffer openlik was oor sy seksuele orientasie. So dis nie perfek nie, maar dis vir my goed om hier te wees en my “commitment”is by hierdie land en sy mense.
February 16, 2008 at 9:28
Dis ‘n baie goeie inskrywing!!! Ek is baie positief, en ek glo dinge gaan beter raak. Ons moet net almal saamstaan. Ek is nie bang nie, maar wel versigtig, tref voorsorgmaatreels vir ons veiligheid, maar hier kan ons rustig tot laat in die aand buite sit.
February 17, 2008 at 2:14
ja jinne. ons het in Jan 2006 Engeland toe gekom, met ‘n baie vaste plan om na 1 jaar, meestens 2, terug te kom. ons is nou al 2 jaar en 2 maande hier, en van hierdie kant gesien lyk dinge in SA nie regtig goed nie. ek dink ook ongelukkig dinge gaan baie slegter gaan voor dit gaan beter gaan, en ek dink ons praat van so 15 jaar na 30 jaar (so generasie of twee). die hartseer waarheid is dat die veilige lewe in Engeland mens baie risk-averse maak, en so veral oor waarde wat jy aan “lewe” heg. dit verander mens se perspektief en behoeftes. ek is baie dankbaar dat ek die geleentheid het om hier weg te kruip vir die storm. toe ek dit vanaand vir my wederhelfte noem, dat ek altyd hier sal kan bly, het sy reply: “Maar hoe betekenisvol sal jou lewe wees as jy in Engeland bly ?” my def van betekenisvol is in hoe ‘n mate jy ander se lewens verbeter. miskien sal dit nie so betekenisvol hier wees nie, eintlik sal dit nogal selfsugtig en lafhartig wees….
February 17, 2008 at 5:57
Ek dink mens se lewe kan enige plek betekenisvol wees. Ek doen basies dieselfde tipe werk in die VSA wat ek in SA gedoen het. Die verskil is dat daar meer geld hier beskikbaar is vir geestesgesondheids programme en dit baie hoer geag word as in SA. Die realiteit is in SA is daar so baie basies behoeftes wat nie bevredig word nie (veiligheid, kos, huisvesting) dat dit logies is dat geestesgesondheid laag op die prioriteitslys is. Ek dink dis ‘n mite dat mens net ‘n betekenisvolle lewe kan he in een of ander 3de wereldse land waar jy in armoede moet leef.
February 17, 2008 at 10:32
amanda, ek dink jy is heeltemal reg. of jy ‘n verskil kan maak, en waar jy dit kan maak, hang baie af van jou vaardighede (skills), opleiding, jou ingesteldheid en jou omstandighede af. my vrou en my vaardighede is redelik geslyp vir ontwikkelende lande, daarom my opmerking. verder rak jy ‘n ander baie belangrike punt aan, lewens verbeter/verryk het nie noodwendig enigiets met geld uit te waai nie. my lafhartig opmerking (eintlik retoeriese stelling) is heeltemal op myself gerig, hier en nou.
February 18, 2008 at 14:02
O lekker onderwerp, kan baie se^, maar moes deur van julle lang posts swoeg so sal dit probeer kort hou. (Verstaan nie die gras analogie nie, die opsigter sny my gras.)
Oor plan B. Waar is die lyn wat jy trek oor wanneer jy gaan vlug bygese^ as jy in staat is om te vlug (nie almal in SA het die geleentheid nie). Gaan jy as JOU persoon aangetas word of jou vrou of jou kind? Is jy maar happy oor die sonskyn solank jy net nie moet help dra aan die pyn in die land nie.
Ek weet nie waar my lyn is nie, maar dit is nie as ek of my familie iets oorkom nie, want dan gaan dit nie help nie, dan het dit klaar gebeur. Vlug ek land uit los ek my familie en my land hier om met nog minder hulp die mas te probeer opkom. Maak ek soos Jurie Els wat se^ ek gaan nou bietjie NZ toe maar kom terug sodra alles weer werk. Duidelik nie bereid om ‘n bydrae te maak nie.
Nie dat ek laf is en dink ons gaan in my leeftyd ‘n eerste wereld land word nie, maar sonder my en ander ekonomies aktiewe mense hier gaan dit net moeiliker wees.
So jy kan SA beledig soos jy wil, maar as jy nie hier is om ‘n bydrae te maak nie hoekom dan nog kommentaar lewer?
Of is dit maar die Europese mentaliteit in Afrika. Ons het gevlug uit swak omstandighede in Europa of goud kom soek in Afrika. Nou dat dit rof gaan hier, vlug ons maar weer terug na waar dit beter met ons gaan.
Op die einde van die dag moet jy met jouself kan saamleef waar jy is en sin in jou lewe vind.
February 18, 2008 at 14:56
Zuit, gesê met die grootste liefde – julle is “plain stupid” om nie diefwering voor julle vensters te hê nie! En dit is NET die genade van die Here wat gemaak het dat ernstige misdaad nog nie enige van ons familie of kennisse geraak het nie.
February 18, 2008 at 15:05
Wonderwout, ek hou van die manier hoe jy dink!
February 18, 2008 at 15:13
Rondloper: “Die hele ding gaan oor houding, dis vir my ironies dat die negatiewe mense juis diegene is wat die ergste deur misdaad geraak is. Mense wat positief is, of minstens probeer om die lewe vir hulself goed te maak en op te hou kla in hierdie land, is diegene wat nie eintlik probleme optel nie.”
Ek wonder wat was eerste – was die mense negatief en toe raak misdaad hulle of is hulle juis negatief oor die misdaad wat hulle geraak het?
Onthou, dit is baie makliker om ‘n “optimis” te wees as dit met jou goedgaan!
February 19, 2008 at 1:12
wonderwout, niemand het SA in hierdie blog beledig nie! Ek dink vir die meeste van ons is dit nie wit of swart (pardon the pun) om te bly of nie te bly nie. Met ander woorde dis nie so eenvoudig soos “bly omdat jy ‘n bydrae wil lewer” vs “vlug na waar dit lekkerder is nie.” Mens kan ‘n bydrae lewer in enige plek: 1ste wereldland of 3de wereldland. Om te gaan na ‘n vreemde land is nie lekker of maklik nie. Dis aansienliker meer traumaties as om te bly in jou bekende omgewing. Maar ons praat daaroor eerder as om mekaar stil te maak soos jou opmerking dat omdat ek nie in SA bly nie, ek geen reg het om kommentaar te lewer nie. Almal het die reg om kommentaar te lewer en mekaar te respekteer ongeag waar jy bly.
February 19, 2008 at 8:19
Amanda, ek dink Wonderwout verwys na expats wat in die buiteland sit en SA sleg praat elke kans wat hulle kry. Daardie mense is gewoonlik dié wat ongelukkig is daar waar hulle is, maar eerder hulle besluit wil regverdig deur SA af te kraak. Om vir almal en hulself te bewys hulle skuif was die enigste denkbare opsie, en enige iemand wat anders dink is ‘n idioot. Daardie mense het gewoonlik net ander SA expats as vriende, hulle gaan so nou en dan na die local Afrikaanse gemeente om hulle gewete te sus (selfs Dubai het een) en braai Saterdae baie duur boerewors terwyl hulle weer praat oor hoe goed hulle voel dat hulle darem nie nou in SA is nie, want een van die dae lyk dit soos Zim.
Ek voel in ‘n mate soos Wonderwout. As mens die besluit geneem het om te skuif, hoekom nie 100% skuif nie? Dit is so ‘n bietjie soos ‘n boer wat aftree en die plaas vir sy seun gee, maar nog steeds van sy aftreehuis af bel en sê wanneer hulle moet saai en die skape moet skeer. Hy moet maar eerder aanbeweeg en sy aftrede geniet.
Elkeen het die reg om ‘n keuse te maak om te trek of te bly. Maar as jy trek, moenie probeer om ‘n SAner te bly nie, dit maak dit net vir jouself moeilik en jy kan dalk net bitter opeindig. (My mening, wat niks beteken nie en nie noodwendig verwant is aan enige waarheid nie, met of sonder ‘n hoofletter W).
February 19, 2008 at 23:35
En daarmee stem ek met jou saam PZ. Daar is niks wat my ook so moerig maak as ex-pats wat altyd saamkoek. En let wel: hulle praat nie sleg van SA nie, maar van hulle nuwe land! Jip…alles is beter in SA as in Amerika/NZ/Engeland.
February 20, 2008 at 22:14
Dankie vir die insig PZ.
Ek het nou nie alles gevolg wat gese is nie, maar ek is ook nie ‘n voorstaner van die mense wat net oppak en trek nie.
Ja dinge gaan nie altyd so ‘bright’ nie (met geen besondere verwyssing na ESKOM nie), maar dis maklik om te se dinge gaan beter wees erens anders. Indien die 1 000 000+ Suid Afrikaners wat oorsee woon hier was kon ons dalk self ‘n verskil in die land gemaak het, maar nee, sedert die setlaars aan die Kaap aangekom het, het ons net aanhou trek – eers uit die Kaap uit, toe, toe kaalvoet oor die Drakensberge – en nou vat heelwat die eerste vlug na OZ.
Ek dink ook dis hoogtyd dat ons positief raak, en ook met so ‘n gesindheid bou aan die land van ons.
Cheers,
Maart 17, 2008 at 15:54
Goeie post Zuit. Het jou genomineer. http://kruidjieroermynie.wordpress.com/2008/03/17/tydskrif/