Die onlangse herrie oor Gary Player se besigheid in Myanmar, wat op die ou end veroorsaak het dat die Nelson Mandela Incitational nou afgestel is, het my laat dink aan etiese besluite wat verbruikers moet neem.
Enige van julle wat Annique produkte gebruik moet dalk net bewus wees van die Rooibos handelsmerk hofsaak wat hom die laaste 10 jaar afgespeel het in Amerika. In 1994, net na die uitvoer mark na Amerika weer oopgestel is, het Annique Theron die naam “Rooibos” in Amerika geregistreer as handelsmerk, op so ‘n manier dat slegs haar produkte onder die Rooibos naam verkoop kon word. Natuurlik het dit ‘n klomp rooibos boere in S.A. van ‘n baie groot mark ontneem, en hulle (Rooibos Ltd) het toe ‘n hofsaak gemaak. Om persoonlik die regs-probleme vry te spring, “verkoop” Annique toe die regte aan haar agent in Amerika vir $10, wat toe beteken Rooibos Ltd moet ‘n lang en uitgerekte saak in Amerikaanse howe veg om die saak reg te stel. Volgens Annique Theron het sy glo Rooibos ontdek in die 60’s, wat dan die vraag laat hoe ons ouers en grootouers lank voor die 60’s al rooibostee gedrink het. Die agterbakse en gierige pogings om ‘n nasionale skat en generiese term soos rooibos self te eien het egter misluk toe Rooibos Ltd onlangs, na 10 jaar se gesukkel, die hofsaak gewen het. Daarom word Annique produkte nie in ons huis toegelaat nie.
November 8, 2007 at 17:29
right, ek boikot die bliksems.
/me flush sy annique produkte by die toilet af
November 8, 2007 at 19:41
Nooit geweet die Annique tannie is so devious nie. Jammer, maar ek kan nie sonder my rooibos teetjie nie. Ek’s verslaaf.
November 9, 2007 at 9:10
Gooi houtskoene in haar masjiene!
November 9, 2007 at 10:35
Boikot!
November 9, 2007 at 12:08
Sy is van die slegte Therons.
November 9, 2007 at 12:23
Sy het egter Rooibos se “skoner” beeld geskep, so sy verdien ‘n bietjie krediet.
November 9, 2007 at 12:26
Hou niks van Rooibos Tee. Het skool gegaan in die Clanwilliam omgewing en was in koshuis. Elke oggend die tee gekry met melk “skil” op. Darem nie te sleg as ystee. As sy van Rooibos ‘n handelsmerk kan maak, dan gaan ek nou van dagga ook een maak.
November 9, 2007 at 15:46
ek haat engelse tee.
November 9, 2007 at 16:03
Dat besigheid nou so moet inmeng in ons tee plesiertjies! Wat ‘n moeilike ou tannie. Wie sou nou ooit kon dink!
November 9, 2007 at 16:25
Haai, ek het dit NOOIT geweet nie! Ek het in elk geval nie baie erg aan haar produkte nie – die tannies wat tannie Annetjie se produkte gebruik kan mens oor ‘n afstand uitken – lyk eerder of hul daarin geswem het, as dit “liggies” aangewend het.
November 9, 2007 at 18:19
ek haat ook engelse…tee
November 9, 2007 at 18:55
Ek drink nie Rooibos tee nie, net die reuk daarvan maak my naar.
Rustig, bemark dagga, die actual hemp produk. Ek ondersteun jou al die pad. Die lap wat daarvan gemaak word dra heerlik!
November 9, 2007 at 22:02
Ek sal versigtig wees met die dra van hemp. Bang die Rastas draai my in koerant toe en begin my rook.
November 11, 2007 at 11:21
Ek het ‘n punt daarvan gemaal om by Annique winkels in te stap en die winkelnbestuurders te vra of hulle weet hoe hulle SA uitverkoop het. Ek is gel na Rooibos en al my Indiese kollegas ook. Hulle noem dit “South African Tea”.
November 11, 2007 at 12:51
Willem, sê jy vir daai Indiese kollegas van jou hulle het goeie smaak!
Wat is dan so … verkeerd met ‘n Rooibos tee?
November 11, 2007 at 20:37
Hey, Antie Annekie HET wel ‘n paar goete ontdek waarvan die wereld niks geweet het of wou weet nie. Sy het dit nogal op die map geplaas.
Dis wel jammer dat sy dit alles vir haarself wou he.
November 12, 2007 at 6:12
Ek het jou gesprek met Louise Lourens hier onder gelees! Great! HAHAHAHA!!!! Bliksem ek het myself amper natgemaak.
November 12, 2007 at 9:05
my ma sê dr annique se rooibos rate het gewerk vir my koliek.
November 19, 2007 at 17:33
wat my afgetiek het, was die feit dat hulle in hul katalogus vreeslik waarsku dat mens onder geen omstandighede gesigpoeier mag gebruik nie… en dan gesigpoeier verkoop! het ook daar besluit dis nou maar laaste.
freddy se dogtertjie het egter so ‘n botteltjie parfuum met blinkertjies en borreltjies in wat ek wil hêêêêêê!