Geïnspireer deur Madhur Jaffrey’s Ultimate Curry Bible se Prawn Green Curry resep. Bedien so 4 mense.
400 ml blikkie kokosneut melk (laat staan vir ten minste 3 uur, skep die dik room bo-op af en hou apart)
grondboontjie-olie
groen kerrie pasta (2 eetlepels as jou gaste dink Nando’s Mild is te warm, 5 as jy gewoonlik vra vir “Thai hot” by jou gunsteling Thai restaurant)
1.5 eetlepels Thai vissous (nam pla)
1 klein suurlemoen se sap
1 teelepel bruinsuiker
400g garnale, skoongemaak, sonder dop
150g swaardvis, of enige ander ferm vis
8 – 10 mossels in die half skulp
1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
vars kruie uit die tuin (basiliekruid en koljander werk goed)
Verhit so 3 eetlepels olie in ‘n pan op medium hitte, en voeg die kerrie pasta en dik kokosroom by. Braai tot die olie begin skei. Verlaag die temperatuur na laag, voeg die nam pla, suurlemoensap, suiker en ‘n halwe koppie water by. Roer en laat prut onder ‘n deksel vir 5 minute op baie lae hitte. Roer die oorblywende kokosmelk by. Proe of die balans van suiker, nam pla en suurlemoensap reg is en voeg by soos nodig.

Maak die vis vooraf gaar (4 minute in ‘n mikrogolfoond op hoog werk goed). Voeg al die seekos by die sous in die pan, en prut vir 5 minute onder ‘n deksel, tot die garnale gaar lyk.
Voeg die vars kruie by net voor dit bedien word.
Bedien op rys met ‘n yskoue witwyn, dit help vir die brand.




November 7, 2007 at 22:49
Dit lyk heerlik. Ek maak altyd my garnale OOR gaar, so sal jou vertrou op daai 5 min. (As Boer ‘prawns’ rou kan eet…)
November 8, 2007 at 6:47
Magtag!
November 8, 2007 at 8:27
Mag ek ‘n Riesling voorstel as die perfekte metgesel vir enige warm dis. Dis effe soet, wat die warm(brand) van kerrie ongelooflik komplimenteer.
Die Curry Bible was een van my beste kopies(GBP25 by Books Etc.), maar onmgelukkig het ek dit as geskenk gaan staan en uitdeel…
November 8, 2007 at 8:46
Rendier, stem saam met die Riesling, as mens van effe soet witwyn hou. ‘n Lekker gebotterde Chardonnay was my keuse.
November 8, 2007 at 10:23
Ek sal nogal graag een van die 4 wil wees wat daarvan kry.
November 8, 2007 at 10:40
Chardonnay was nog altyd my eerste keuse…’n goeie Saronsberg of Durbanville Hills. Ek het eers onlang by Bhukara die Riesling getoets en dit was ongelooflik. Ouer Rieslings werk natuurlik baie beter…nie dat ek ‘n wynfundi/-snob is nie
November 8, 2007 at 13:40
ek eet nie seekos nie. veral nie as dit soos goggas lyk nie.
maar thai kos is my absolute gunsteling.
November 9, 2007 at 4:21
Dos, maar lat dit my nou watertand staar! Het dit heeltemaal te lanklaas gehad ! Definitief vanaand op die spyskaart. Werk ook baie lekker met beefstrips, babymarrows en cocktail mielies, maar seekos bly koning.
Wat die wyn aanbetref – ja definiteif wit, maar wat kerries aanbetref is bier eintlik die ding. Mens kan meer mildelike groot slukke vat om die brand te counter sonder om jouself na ‘n halfuur onder die tafel in te drink. Ek dink ook dat dit definitief die smaak van kerrie beter komplimenteer. Floyd dink ook so en ek dink nie dat hy al ooit ‘n kookshow met minder as ‘n halwe bottel wyn agter die blad gedoen het nie. ‘n Lekker ligte, crisp asiatiese bier soos Asahi is my gunsteling. (miskien met so twee blokkies ys in jou glas as dit ‘n warm dag is.)
Duitse Riesling – soet ja. SA Riesling, beendroog as jy my vra …
Ek’s nou sommer jaloers as ek dink aan al die lekker kos wat julle oor so ruk gaan eet!
Maart 9, 2008 at 11:43
Lakehavasucitysportsshow4767$anchor$basketball Betting,final Four,final Four Betting,final Four Gambling,final Four Sports Book,final Four Sportsbook,march Madness,march Madness Betting,march Madness Gambling,march Madness Sports Book,march Madness S…
Lakehavasucitysportsshow4767$anchor$basketball Betting,final Four,final Four Betting,final Four Gambling,final Four Sports Book,final Four Sportsbook,march Madness,march Madness Betting,march Madness Gambling,march Madness Sports Book,march Madness Spo…