
Crocs is geskiedenis. Miskien gaan dit ‘n paar maande neem vir daardie feit om in Suid-Afrika te registreer, en miskien gaan Margate en Mosselbaai nog hierdie somer vol Crocs wees. Maar glo my maar, Crocs is geskiedenis. Ek wag al vir hierdie dag sedert die eerste keer wat ek daardie lelike plastiek skoene gesien het, en uit eindelik is die wêreld besig om bietjie minder waansinnig te word deur hulle Crocs in die kas of asblik te los. Selfs die aandelemark het nou besef die goed is lelik en maak nie sin nie. En die aandelemark vat gewoonlik so lank om so iets te snap soos wat PW Botha geneem het om te snap dat apartheid ‘n slegte idee is. Waarskynlik omdat baie mense min of meer dieselfde trop-sentiment deel van hulle brein gebruik om Crocs en aandele (en Adriaan Niewoudt se kubusse) te koop.
Beste van alles is ek is nie die enigste een wat so dink nie, Maddox stem saam.
November 2, 2007 at 15:32
Ek is trots om te se ek het nog nooit Crocs besit nie en nog nooit ‘n begeerte gehad om ‘n paar te besit nie. Hulle was vir my van Dag1 af skreeu-lelik!
November 2, 2007 at 16:55
Wat sou julle maak as iemand vir julle Crocs gee as geskenk?
November 2, 2007 at 17:37
Ek sal dit skenk aan mense wat glad nie skoene het nie.
November 2, 2007 at 18:49
Hoor hier, dis darem lekker tuinmaakskoene!
November 2, 2007 at 19:30
Ek gee nie om wat mense van my kleredrag dink nie, daarom dra ek crocs, want hulle is gemaklik.
November 2, 2007 at 19:38
Bertus, jy gaan een van daai omies wees wat sy belt in die middel van sy boep gaan vasmaak.
Ek claim nou nie om stylvol te wees nie, maar van dag een af het ek altyd gewonder wie al hierdie arm mense is wat net kan bekostig om die lelike plastiekskoene dra … Blyk toe ek was verkeerd gewees. Dis arm, middelklas en ryk mense wat die lelike plastiekskoene dra.
Blykbaar is ou, pofferige sweetpakbroeke ook moer gemaklik – dis egter nie te se dat mens dit gaan dra waar ander mense kan sien dat jy dit dra nie.
November 2, 2007 at 20:16
Komaan, gemak is nie die enigste faktor in die wêreld by die keuse van ‘n skoen nie. Bertus! – kan jy byvoorbeeld hardloop met die goed? Bergklim? Na vergaderings gaan? (Seriously nou.)
November 2, 2007 at 20:16
(Maddox is die beste in die hele wye wêreld. Ooit. Wie onthou “Bag my groceries”?
)
November 2, 2007 at 21:54
ek dink crocs is die fuglyste skoene wat iemand nog uitgedink het. ek verloor dadelik ‘n mate van resprek vir iemand se sin vir estetika as ek dit aan hul voete sien=
November 2, 2007 at 22:36
Hoera vir Zuit! En dankie vader dat ek met ‘n skoon gewete kan sê dat ek nog nooit eers die spikkelste klein begeerte gehad het om ook Crocs te besit nie. Die rede?
Nie omdat ek spesifiek gedink het dis so lelik aan ander mense se voete nie, maar net omdat dit spesifiek so lelik op hulle eie is.
November 3, 2007 at 8:03
Bertus!, ek wed jou teen volgende jaar die tyd, as niemand meer Crocs dra nie, gaan jy nie meer omgee hoe “gemaklik” dit is nie.
November 3, 2007 at 20:08
Geweet dit gaan een of ander tyd gebeur… Wat erger as erg is, is die “Fakes” beskikbaar by jou plaaslike vlooimark teen n bekostigbare R50.
November 3, 2007 at 20:28
Flippen lelik. En party mense het etlike pare. En dra dit tydens TV opnames. En verwys dan na Deon se goor haarstillering.
November 3, 2007 at 21:05
ek wil graat reiterate
MADDOX IS DIE 1337’ste 0wnz0r in helez0rze wye wêreldz0rz. MADDOX = t3h pwn4g3!!!!!!!1111one!!!!!!111!!!elf!!
November 3, 2007 at 22:59
Ek dra veral graag crocs op Stellenbosch waar daar alreeds niemand anders is wat dit dra nie. Ek geniet dit om die enigste persoon op die dorp te wees wat soos ‘n konformis aantrek, dit laat my uitstaan.
November 4, 2007 at 0:41
Nog nooit gehad en wil nooit he. Dra liewer “Pick&Pay” sakke om my voete. Die goed laat self ‘n Bosveld Boer gay lyk. Ten minste kan iemand na 10 miljoen jaar die goed opgrawe en bespiegel wat dit was.
November 4, 2007 at 1:33
Niks fout met gay bosveldboere nie. Kyk gerus Fokofpolisiekar se “Brand Suid-Afrika” musiekvideo
November 4, 2007 at 3:55
Staan ander dag in ‘n skoenwinkel waar ‘n loudmouth gesinnetjie die fake weergawe bekyk en lofliedere oor die skoene aanhef. Uiteindelik besluit om te koop en sommer net daar voor die counter trek die oubaas syne aan. Toe hy opstaan en die skoene toets sê hy: “Jirre, dit voel of ek op fokken wolke loop.”
Wat dink ek van Crocs? Ek dra dit nie omdat ek dit verpes om soos die massa te lyk. Maar ek meet nou wragtag nie iemand anders se intellektuele of enige ander vermoëns aan sy Crocs nie.
Dit is egter opvallend wie dra die fake Crocs en wie dra die originals. Ek laaik die mense wat fake crocs dra. Dis my kerk se mense.
November 4, 2007 at 8:49
[...] Hierdie ene is vir die Zuit. [...]
November 4, 2007 at 12:08
Moet bieg hier – ek het ook ‘n paar, want, ai, hulle is darem maar gemaklik. Sal hulle nou maar uittrek as ek weer gaste verwag!
November 4, 2007 at 12:09
lol @ rightsaidreverend
November 4, 2007 at 12:28
Een van die voordele van crocs is dat die plastiek spesiaal ontwerp is sodat mens se voete nie erg stink as jy dit ‘n ruk lank dra nie. Ek het nogal ‘n probleem met stink voete (dit loop in my familie) en dus is ek nogal in my noppies met die crocs. Die probleem met frocs is dat hulle nie dieselfde plastiek is nie, so jou voete stink steeds.
Crocs is moerse gemaklik en lyk vir my nie sleg nie, maar ek het nog nooit iemand gehassle wat dit nie wil dra nie. Nou weet ek nie hoekom hassle mense my as ek dit dra en my eie business mind nie.
November 4, 2007 at 14:50
Die ding hier is dat party mense regtig actually cool lyk in Crocs en ander lyk weer soos fools. Dis maar die ou mode ding van – jy moet weet wat pas by jou.
Net soos almal nie mini’s en bikini’s kan dra nie, net so kan almal nie Crocs dra nie. As jy NIE kan nie, MOENIE, nie eers ter wille van die mode nie!
November 4, 2007 at 14:54
Die dag wat niemand meer Crocs dra nie, kan ek weer myne dra met trots!
November 4, 2007 at 15:06
Iemand anders hoor ek, praat van Freddy vs Jason-skoene (oor die gate)
November 4, 2007 at 16:36
O gonna! Crocs (nie die namaaksels nie!) het India pas ingeval. Duisend Indiese kinders gaan hulle hierdie week vir Diwali geskenke kry!
November 4, 2007 at 17:02
lol
sonkind het ‘n punt beet. neil rademan is een voorbeeld van iemand wat crocs tos stylvol kan laat lyk. hy dra sulke rooies by jeans.
maar hy’s omtrent die enigste een wat ek ken. i stand to be corrected. dalk kan bertus! vir ons ‘n paar stylvolle foto’s post.
November 5, 2007 at 8:19
Goeie genade mense; 27 comments oor lelike plastiekskoene. En nie EEN op my reisjoernalistieke meesterstuk nie?!
November 5, 2007 at 8:23
JDBS, Maddox sal trots wees op ‘n aanhanger soos jy.
November 5, 2007 at 8:48
muwhahahaha
/me steek maddox kerse aan
November 5, 2007 at 8:51
Bertus!, kom ons maak ‘n deal. Volgende jaar die tyd stap ek saam met jou, trots met ons Crocs deur Stellenbosch.
Dis dalk nie mooi nie, maar net mense wat beswaard deur die lewe gaan en na mense se voete kyk sal dit oplet! Rig jou oë op die berge, haal diep asem en skree uit volle bors:”Almal wat Crocs haat se hele M03r!”
November 5, 2007 at 9:17
Bertus, Rendier – dankie tog vir mense soos julle!! Ek dra Crocs en ek voel ‘n vleesige ryp vy wat ander daarvan dink! Ek het Londen en Skotland vir 17 dae in Crocs platgestap en nie een blaas op my voete gehad nie!
Johan, ek raak bekommerd (comment 14)- wat presies is dit wat jy rook??
November 5, 2007 at 11:19
Ek lief my krokodille – die dooie 3 paar, en die lewendige 2 paar. Almal oorspronklik, almal vrokken lekker gedra!
November 5, 2007 at 11:51
Ek luuuvvvv my (genuine) crocs! My bene is ‘n bietjie dun, maar my ander helfte lyk regtig cool in sy crocs!
November 5, 2007 at 14:53
zuit, ek deel jou frustrasie. ek skryf oor seks en kry skaars 5 comments, maar jou crocs kry 35!
a-ha! ek gaan skryf oor seks met crocs. of selfs seks met crocs aan.
November 5, 2007 at 16:12
maree – dit sal net werk as jy twee lesbiers en ‘n dildo het want enige man sal sy “belangstelling” verloor as daar ‘n paar crocs binne oogskut is.
Dungarees is ook ‘n goeie voorbehoedmiddel op daardie vlak.
November 5, 2007 at 16:51
Ek lief my Crocs ook – my vriendin noem dit “seks skoene” – gruwelik om na te kyk, maar wonderlik om te ervaar…
November 5, 2007 at 19:36
rené, don’t resist. resistance is futile. just let the maddox 0wnage embrace you
ooooooooooooooooooooooooooooooooooooohmmmmm
ooooooooooooooooooooooooooooooooooooohmmmmm
/me skuim om die mond
November 6, 2007 at 8:48
oh my d@nner!!
November 6, 2007 at 12:38
/me giggel in sy vuis
November 6, 2007 at 20:20
Ek lyk HOT in my shocking pienk crocs!
November 8, 2007 at 0:41
Maddox lyk hotter
November 8, 2007 at 9:14
[...] Posted by Pienk Zuit under Uncategorized Roer, Bertus!, Jewels en almal anders wat dink hulle lyk hot in hulle Crocs, bewys dit. Stuur vir my ‘n hot foto van jou in jou Crocs, en ek sal die bestes plaas. Ek [...]
November 8, 2007 at 14:32
Roer, wat jy nalaat om te se is dat jy in elk geval hot lyk en 10-teen-1 nog hotter SONDER die Crocs.
November 8, 2007 at 15:35
Maddox rule….een van my ou gunstelinge: http://www.thebestpageintheuniverse.net/c.cgi?u=iphone
Gaan kyk.
Nou.
November 8, 2007 at 23:45
[...] pictures of sexy crocs, in his post So you think you’re hot?, I had to publish this post to prove him wrong. Just check how hot these Crocs [...]
November 16, 2007 at 14:32
Hierdie skoene is definitief leliker as Crocs!
http://tomsshoedrop.blogspot.com/