November 2007


Om te bedank is nogal baie soos om met iemand op te breek na ‘n verhouding (en ek het gedink ek is klaar met daardie emosies toe ek getrou het).

Teen die tyd wat jy die ander party inlig van jou besluit, het jy eintlik al jou besluit geneem.  Na jy hulle inlig probeer hulle egter baie hard om jou van besluit te laat verander.  Hulle speel op jou emosies van hoe erg dit gaan wees om jou te verloor.  Hulle belowe om te verander, jy moet net sê wat hulle kan verander om jou te hou.  Dit werk nogal amper.  Jy begin vergeet van die redes hoekom jy nou weer die besluit geneem het.  Jy begin dink dat dinge miskien beter kan wees as ‘n paar klein goedjies verander.  Jy begin twyfel, wonder of jy nie dalk oorreageer nie.  Jy begin wonder of jy beter af sal wees by iemand anders.

Maar dan dink jy aan die kere wat jy onsuksesvol dinge probeer verander het terwyl julle nog saam was.  Die frustrasie wat jou gedeeltelik tot jou besluit laat kom het.  Jy wonder hoekom hulle nie vroeër vir jou gewys het hoe baie hul jou waardeer nie, hoekom nou eers, na jy jou besluit geneem het.  Jy besef dat jy nie kwaad is nie, maar dat dit tog beter is vir jou om aan te beweeg.  Jy besef dat dinge nie regtig net vir jou gaan verander nie, mense verander nie sommer net so vinnig nie.

Miskien kruis julle paaie weer in die toekoms, en wie weet, dalk het beide dan genoeg verander om dan ‘n sukses daarvan te maak.

Die feit dat ek reeds ‘n nuwe aanbod aanvaar het maak dit makliker, ek het reeds my woord gegee.

Dis nie maklik om ‘n bedankingsbrief te skryf nie, maar ook nie so moeilik nie. Dis moeilik om die comfort zone van ‘n huidige werk te verlaat vir die uitdagings en verantwoordelikhede van ‘n nuwe een. Dis moeilik om bekende kollegas, sommige selfs vriende, agter te laat om saam met nuwe, vreemde mense te werk.  Dis moeilik om ‘n projek agter te laat waarin jy baie ure en moeilike tye gestort het, sonder om deel te wees van die euforie van die (hopelik eendag se) lansering.  Dis moeilik om nie politici te haat omdat hulle durf om so te dobbel met ‘n klomp goeie mense se toekoms nie, in so ‘n mate dat mens amper nie ‘n ander keuse het as om groener weivelde te soek nie.  Dis moeilik om te verstaan dat ‘n regeringsamptenaar so magsbehep is dat sy nie ‘n groep hardwerkende, innoverende mense wil toelaat om suksesvol te wees nie, maar eerder wil laat misluk sodat sy beheer kan neem oor hulle industrie.

img_0466-small.jpg

img_0468-small.jpg

Soos kinders, kan honde ook cute lyk met Crocs.

Johan ken die ou wat gisteraand op die Black Bull se verhoog geklink het of hy ‘n kat probeer slag met sy kitaar.

Bertus! se eksterne eksaminator vir sy magistergraad het ‘n tikmasjien gebruik om sy evaluasie verslag te tik, en was vol lof vir Bertus! se werk.

Matthys was al in Hawaii.

Hugo hou van Hawaiian pizzas.

Carien, Carien se liefde, Pienk Zuit en Minelli gaan hulself toevallig terselfdertyd op dieselfde eiland in Thailand bevind gedurende ‘n tydperk in Januarie 2008. Cocktails sal genuttig word.

Minelli se gunsteling cocktail is ‘n Piña Colada.

Nadat Carien die halfnaak foto van Bertus! hier onder gesien het, het sy gewens die ander mans-bloggers gaan ook nou halfnaak foto’s plaas.

Strafbare Manslag was nou wel nie die suksesvolste span in die vasvra nie, maar belangriker feite soos hier bo is uitgeruil, wat die aand ‘n dawerende sukses gemaak het. Almal het iets nuuts geleer.

Vanaand (Donderdag 15 Nov), Black Bull pub, Tegnopark. Ons sal van 20:00 af daar wees, vasvra begin gewoonlik so 20:30 (tot so 22:30). Enige iemand wat in die Stellenbosch area is (of hierheen wil ry of vlieg), en hou van wen is welkom om by ons span aan te sluit.

Eksperimentele data:

Klein Freddy:

crocs.jpg

Bertus:

Bertus.jpg

Afleidings:

1. Crocs lyk cute op kinders.  So cute dat dit kan werk as kinderskoene, maar nog steeds nie as grootmensskoene nie.

2. Bertus se kamera lyk vreeslik gemaklik, en laat nie sy voete stink nie, wanneer hy homself half-naak in ‘n badkamer se spieël afneem.

Die eerste bewyse dat Crocs tog wel sexy kan wees het in my inboks beland (dankie Dellie).

sexy-crocs1.jpg

sexy-crocs2.jpg

sexy-crocs5.jpg

sexy-crocs4.jpg

Uit hierdie foto’s is die enigste afleiding wat ek egter kan maak, dat mens baie sexier is met die Crocs nie aan jou voete nie. Dus is ek nog nie oortuig nie, stuur maar nog.

Hugo se poging bewys ook net dat Crocs effe cute kan lyk saam met ‘n mak eekhoring.

Die onlangse herrie oor Gary Player se besigheid in Myanmar, wat op die ou end veroorsaak het dat die Nelson Mandela Incitational nou afgestel is, het my laat dink aan etiese besluite wat verbruikers moet neem.

Enige van julle wat Annique produkte gebruik moet dalk net bewus wees van die Rooibos handelsmerk hofsaak wat hom die laaste 10 jaar afgespeel het in Amerika.  In 1994, net na die uitvoer mark na Amerika weer oopgestel is, het Annique Theron die naam “Rooibos” in Amerika geregistreer as handelsmerk, op so ‘n manier dat slegs haar produkte onder die Rooibos naam verkoop kon word.  Natuurlik het dit ‘n klomp rooibos boere in S.A. van ‘n baie groot mark ontneem, en hulle (Rooibos Ltd) het toe ‘n hofsaak gemaak.  Om persoonlik die regs-probleme vry te spring, “verkoop” Annique toe die regte aan haar agent in Amerika vir $10, wat toe beteken Rooibos Ltd moet ‘n lang en uitgerekte saak in Amerikaanse howe veg om die saak reg te stel.  Volgens Annique Theron het sy glo Rooibos ontdek in die 60’s, wat dan die vraag laat hoe ons ouers en grootouers lank voor die 60’s al rooibostee gedrink het.  Die agterbakse en gierige pogings om ‘n nasionale skat en generiese term soos rooibos self te eien het egter misluk toe Rooibos Ltd onlangs, na 10 jaar se gesukkel, die hofsaak gewen het.  Daarom word Annique produkte nie in ons huis toegelaat nie.

Roer, Bertus!, Jewels en almal anders wat dink hulle lyk hot in hulle Crocs, bewys dit.  Stuur vir my ‘n hot foto van jou in jou Crocs, en ek sal die bestes plaas.  Ek sal dit selfs oorweeg om om verskoning te vra as julle my kan oortuig.

Stuur na pienkzuit<at>gmail<dot>com

Geïnspireer deur Madhur Jaffrey’s Ultimate Curry Bible se Prawn Green Curry resep. Bedien so 4 mense.

small_0001.jpg

400 ml blikkie kokosneut melk (laat staan vir ten minste 3 uur, skep die dik room bo-op af en hou apart)
grondboontjie-olie
groen kerrie pasta (2 eetlepels as jou gaste dink Nando’s Mild is te warm, 5 as jy gewoonlik vra vir “Thai hot” by jou gunsteling Thai restaurant)
1.5 eetlepels Thai vissous (nam pla)
1 klein suurlemoen se sap
1 teelepel bruinsuiker
400g garnale, skoongemaak, sonder dop
150g swaardvis, of enige ander ferm vis
8 – 10 mossels in die half skulp
1 teelepel gerasperde suurlemoenskil
vars kruie uit die tuin (basiliekruid en koljander werk goed)

small_0002.jpg

Verhit so 3 eetlepels olie in ‘n pan op medium hitte, en voeg die kerrie pasta en dik kokosroom by. Braai tot die olie begin skei. Verlaag die temperatuur na laag, voeg die nam pla, suurlemoensap, suiker en ‘n halwe koppie water by. Roer en laat prut onder ‘n deksel vir 5 minute op baie lae hitte. Roer die oorblywende kokosmelk by. Proe of die balans van suiker, nam pla en suurlemoensap reg is en voeg by soos nodig.
small_0008.jpg

Maak die vis vooraf gaar (4 minute in ‘n mikrogolfoond op hoog werk goed). Voeg al die seekos by die sous in die pan, en prut vir 5 minute onder ‘n deksel, tot die garnale gaar lyk.

small_0006.jpg

Voeg die vars kruie by net voor dit bedien word.

small_0007.jpg

Bedien op rys met ‘n yskoue witwyn, dit help vir die brand.

Volgende Blad »