
Hierdie dude reken God haat rugby ondersteuners net soveel soos baba moordenaars, rebeliese vroue en tweegesig mense.
September 2007
September 26, 2007
September 21, 2007
Wie’s ek nou om met die titel te stry? “Poena is koning”. Boonop gaan dit geld maak soos bossies. Selfs meer as Leon Schuster se nuwe Bokke CD, en meer as Loslyf se Amor uitgawe, en meer as enige goeie fliek wat nie eens kans gekry het om geld te maak nie voor dit van die skerms afgeruk is om plek te maak vir flieks soos “Poena is koning”. En daardie gevoel wat ek by die KKNK gekry het oor die Afrikaner gaan maar net bevestig word. Kômmin is koning.
September 20, 2007
Enige SA sport ondersteuner moet teen hierdie tyd oortuig wees die Planete is permanent teen ons opgelyn, en dat ‘n Aussie in beheer is van die belyning.
Schalk kry ‘n 4 wedstryd skorsing van ‘n Aussie JO (Judicial Officer) vir iets wat die skeidsregter as skadeloos beskryf het na die wedstryd, ‘n aksie wat die apelkommitee erken nie gevaarlike intensies gehad het nie wanneer hulle sy straf verminder na 2 wedstryde, en erken die JO het ‘n fout gemaak. Australië speel die volgende week teen Wallis en laat tackles sonder arms is aan die orde van die dag, geelkaarte word uitgepluk, maar niemand word na die wedstryd eers uitgewys nie.
Die Poteas begin die dag as die enigste onoorwonne span in die T20 krieket kampieonskap, en eindig die dag buite die 4 spanne wat kwalifiseer vir die halfeindronde. Onder die 4 spanne wat wel kwalifiseer is Australië, wat verloor het teen Pakistan en Zimbabwe. Ja, Zimbabwe! En daardie verloor tel glad nie teen hulle nie. Indië dring ook deur, na hulle net 2 van hulle 5 wedstryde gewen het. Nieu Zeeland dring deur met 2 verlore uit 5. Die Proteas is uit met 1 verloor uit 5.
Min SA ondersteuners kan egter ook stry dat Graeme Smith se span nou nooit weer die chokers naam gaan afleef nie. Hulle het geweet dat ons 126 nodig het om deur te dring na Indië 153 gemaak het. Hulle het nie veel meer as 6 per boulbeurt nodig gehad van die laaste 5 beurte om dit reg te kry nie, met 5 paaltjies in die bank. En tog het hulle 10 lopies kort geskiet. Chokers.
Dit wil lyk of die noodlot opbou na ‘n katastrofiese onregverdigheid wat die Bokke gaan weerhou van die Wêreldbeker. Niks sal my meer verbaas nie.
September 18, 2007
Hoe dom is internasionale sportmanne? Of in elk geval die soort wat van Engeland af kom? Paul Collingwood het klaarblyklik Saterdagaand in die Kaap in ‘n strip club spandeer, die aand voor hulle teen S.A. verloor het op Nuweland. Die span se PR-man ontken nie eens dat hulle kaptein, ‘n getroude man met ‘n kind, in ‘n Strip club was nie. Die verskoning is dat hy glo na 1 drankie geloop het en nie tot vroeg oggend daar was nie (ooggetuies sê agter anders). As mens hoor hoe pedanties die sommige van die reëls is wat sportspanne het kan jy dit amper nie glo nie, hulle word soos kinders gesê hoe lank en hoeveel hulle voor ‘n wedstryd kan drink. Maar dan sien jy weer karakters soos Collingwood en Flintoff met sy pedalo mannewales, en dan verstaan jy. Want die Engelse soort is duidelik niks meer verantwoordelik as kinders nie (ok, dronk studente dan).
September 14, 2007

Stephen Jones, “gerespekteerde” hack van The Sunday Times (Britse een), reken Engeland het ‘n goeie kans vanaand as Mike Catt sake kan beheer. Mike Catt!? Whahahahaha. Hy’s so oud soos Joost van der Westhuizen. Hy kon skaars O.P. se eerstespan haal in sy jong dae in S.A. Vanaand gaan Mike terugverlang na die dag toe Lomu bo-oor hom gehardloop het in 1995, terwyl Frans Steyn draaie rondom hom hardloop.
September 11, 2007
Dins 11 Sept – 20:00 – Argentinië vs Georgia – Argies met ‘n bonuspunt en ten minste 20
Woens 12 Sept
12:00 – VSA vs Tonga – Tonga met ‘n paar punte (moeilike een, dit kan eintlik enige kant toe gaan, ek weet eintlik nie)
16:00 – Japan vs Fiji – Fiji met 10-20
18:00 – Italië vs Romenië – Italië met ‘n bonuspunt en ten minste 20
September 7, 2007
Nou maar reg, soos met die Krieket Wêreldbeker gaan ek my voorspellings gee vir wat gaan gebeur in die Rugby Wêreldbeker (nie dat ek baie suksesvol was in Maart nie). Dis altyd maklik om na die tyd te sê “ek het geweet”, maar as jy voor die tyd al jou sê kan sê, en dan nog reg is, verdien jy baie meer straatkrediet (of sal dit braaivleisvuurgesprekkrediet wees?). Dus my voorspellings vir die volgende 3 dae se rugby:
Vrydag 7 Sept :
21: 00 – Frankryk vs Argentinië – (SABC2, MNet, Supersport 1) ; Frankryk wen met ‘n paar punte
Saterdag 8 Sept:
13:45 – NZ vs Italië – (SABC2, MNet, Supersport 1) ; NZ met 40 of meer
15:45 – Aus vs Japan – (Supersport 5, CSN vanaf 17:00) ; Aus met 40-50
18:00 – Eng vs VSA – (Supersport 5, CSN) ; Eng met 15-20
Sondag 9 Sept:
14:00 – Wallis vs Kanada – ( CSN, MNet, Supersport 1) ; Wallis met 10-15
16:00 – SA vs Samoa – (SABC2, MNet, Supersport 1); SA met omtrent 30-40
18:00 – Skotland vs Portugal – (CSN, Supersport 1) ; Skotland met 10-15
20:00 – Ierland vs Namibië – (SABC2, CSN, Supersport 1) ; Ierland met 30-40
NS – Ek weet ek kon dieselfde gedoen het op een of ander Fantasy Rugby webblad, maar dan moes ek 1 gaan soek het uit die duisende wat bestaan, en dan hopelik die een kies wat nie na ‘n paar dae ophou werk en dus al die tyd wat ek daarop spandeer het tot op daardie stadium vermors nie (soos met 5FM se fantasy cricket blad vroeër die jaar, wat vir ‘n lang ruk net ophou werk het, en toe my aandag verloor het).
September 3, 2007
Soos Minter voel ek dat “crosstitution” die mees ondemokratiese ding is wat in ons land gebeur. Maar ek is ook vas oortuig dat die meerderheid van Suid-Afrikaners (maak dit maar sommer almal in Afrika) nie weet wat demokrasie is nie. Ek is nie ‘n kenner nie, maar ek weet ten minste wat dit nie is nie. Demokrasie is nie maar net ‘n voorreg wat politici aan mense gee om elke 4 of 5 jaar te stem, net om hulle die res van die tyd stil te hou soos ‘n fopspeen vir ‘n baba nie. Dit gee nie mag aan mense wat dit wil hê nie, dit gee mag aan die mense wat stem, wat dit nodig het. Dit gee hulle die mag om politici tot verantwoording te roep as hulle nie die mense wat vir hulle gestem het DIEN nie. Demokrasie sal nie werklik werk voordat almal wat stem nie weet wat demokrasie werklik is nie. Eers dan sal mense nie aanhou stem vir mense wat hulle teleurstel en verraai nie. Eers dan sal die ware mag by die mense wees. Of dit ooit sal verander is ‘n goeie vraag, want ‘n situasie waar die politici die mag het is natuurlik vir hulle meer wenslik. Hoekom sal hulle die mense leer wat demokrasie werklik is en sodoende die mag verloor?
Dit is tyd dat politici tot verantwoording geroep word; nie deur geweld of opstande nie, maar deur demokrasie.
