Iemand genaamd johannes_11 skryf op Salige Rus dat hy redelik seker is die wederkoms gaan in 2011 wees. Toe wonder ek sommer hoe dit mens se lewe verander om te weet die wêreld gaan nog net 4 jaar bestaan. Meer spesifiek, hoe sal dit my lewe verander? Sal ek ophou werk en die laaste 4 jaar op ‘n klein eiland naby Madagaskar spandeer? Sal ek ‘n sendeling word wat die Afrikanersvolk probeer oortuig dat hulle op die verkeerde pad is? Sal ons ons planne om aan te bou aan ons huis laat vaar? Daar is soveel vrae:
Gaan Robert Mugabe nog president van Zim wees teen die wederkoms? Wie gaan die laaste sokker wêreldbeker wen in 2010? Gaan die wederkoms voor of na die krieket wêreldbeker in 2011 wees? Indien voor, MOET ons hierdie een wen, dis ons laaste kans…
April 23, 2007
April 23, 2007 at 10:35
Pienk
Jou baie vrae het my laat dink aan die tye wat ek saammet my twee seuns sandkastele op die strand gebou het… toe hulle nog nie geweet het van die getye van die see nie.
Dit was lekker om die sandkasteel saam met hulle te bou… toe die branders ons heel eerste sandkasteel oorspoel… het die oudste lekker gelag.. en die jongste gehuil..!
Ek kannie onthou wat ek op daardie stadium nie “gevoel” het … ek weet net die son het gebrand… en ek was eers pienk … toe rooi … toe bloedrooi… vir ‘n rukkie bruin en toe waai die velle…!
Ek onthou dit tot vandag toe … want dit was lekker… en ons bou nog steeds… te midde van die gety…
April 23, 2007 at 11:11
Hoop Smith lees hier!
April 23, 2007 at 16:49
Ek’s tans nie die grootste kenner van die Bybel nie, maar ek verstaan dan nou nie mooi nie. Sover dit my kennis strek, staan daar dat die wederkoms soos ‘n dief in die nag kom. Dat dit onverwags is. Dat niemand behalwe God self weet wanneer dit is nie.
Hoe om hemelsnaam (pun intended) kan johannes_11 dan reg wees? Hy gebruik die Bybel om sy argument mee te staaf – dieselfde boek wat sy argument met bogenoemde weerspreek.
Ek ruik ‘n lekker, vet denkfout…
April 23, 2007 at 21:08
Johan S.. jy reken jy “ruik ‘n lekker vet denkfout”…moenie toelaat dat jou “neus” jou “mis”lei nie… lees weer(die Bybel soos jy by ‘n vorige geleentheid onderneem het om te doen)
Die Bybel leer ons dat die dag wel soos ‘n dief in die nag sal kom…. maar as jy na die konteks kyk en ook net biekie verder lees sal jy agterkom dat die dag soos ‘n dief in die nag sal kom oor diegene wat geen erg het aan die Evangelie nie…. die brief is gerig aan die gemeente in Thessalonika(bestaande uit gelowiges en ongelowiges…)
(1Th 5:1) Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie;
(1Th 5:2) want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag.
Dan gee God vir ons ‘n aanduiding van tyd… “wanneer hulle sê: vrede en veiligheid…”(soos die kerke vandag valslik aan sy lidmate verkondig)
(1Th 5:3) Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie.
Maar dan word die aandag verskuif na “julle broers” (die ware gelowiges wat hulle gedurende die kerk-era saam met ongelowiges in dieselfde gemeentes bevind het)
(1Th 5:4) Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.
(1Th 5:5) Julle is almal kinders van die lig en kinders van die dag; ons is nie van die nag of die duisternis nie.
(1Th 5:6) Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons waak en nugter wees.
Ja… vir baie eeue was die tyd van Sy wederkoms soos dit aangeteken is in die Bybel ‘n verborgenheid (soos dit ook met Sy eerste koms die geval was todat God dit deur sy dienaar Johannes die Doper dit begin bekend maak het)… maar ons het die belofte van God in Sy Woord dat ons aan die tyd van die einde sal verstaan…
(Dan 12:8) En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge?
(Dan 12:9) En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe.
(Dan 12:10) Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan.
Hierdie teksverwysings is maar enkeles van baie ander.
Ons het byvoorbeeld drie ander voorbeelde in die Bybel waar God bekend gemaak het dat hy oordeel gaan bring…
Voorbeeld 1
Aan Noag in die dae van die Vloed (Gen 7)bykans niemand het hulle aan hom gesteur nie net Noag en 7 ander
Voorbeeld 2
Aan Abraham met die verwoesting van Sodom, Gomorra, Adma en Sebóim(Gen 18:17) Daarop sê die HERE: Sal Ek vir Abraham verberg wat Ek gaan doen…. niemand het hulle aan Hom gestuur nie… net Lot en sy dogters… en kyk wat het met tannie Lot gebeur…?
Voorbeeld 3
En aan Jona… Ninive ‘n heidense stad wat die God van Israel nie aanbid het nie…..
(Jon 3:4) En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.
Teen die verwagtinge van profeet Jona in… sien God van Sy voorneme af om Ninive te verwoes…. en red Hy die hele stad van 120 000 mense…
Dan het ons twee ander meer belangrike voorbeelde van oordeel waarvan een voorbeeld reeds vervul is… en een voorbeeld nog nie ten volle in vervulling gegaan het nie… maar tans besig is om in vervulling te gaan….
Voorbeeld 1
Jesus en God se oordeel wat oor Sy Seun gekom het voor in die aangesig van diegene wat dit aanskou het bykans 2000 jaar gelede….die hele Bybel is vol daarvan… en die grootste deel van die mensdom glo dit steeds nie…
Voorbeeld 2
God se oordeel wat gaan kom op die Laaste Dag oor diegene wat Hom nie glo nie… die Bybel is ook vol daarvan en dit lyk op hierdie stadium of niemand dit ook nie glo nie…?
Die Lewende God … dui in Sy Woord aan die Hy dieselfde is gister, vandag… tot in ewigheid…
(Heb 13:8) Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Daarom behoort ons te verwag dat Hy gaan doen wat Hy belowe het Hy gaan doen…!
Alle aanduidinge van tyd in die Bybel… wysheen na die volgende tyd 20-1/10/2011….?
Hierdie tipe leringe sal jy natuurlik nie in enige kerk of kerkstruktuur leer nie…. want elkeen van hulle het hulle eie “do it yourself” gospel…. soos in die tyd van Messias se lewe onder ons….
Diegene wat hulle nog op hierdie stadium onder die gesag van enige kerk of kerkstruktuur bevind is tans onderwerp aan ‘n krag van dwaling wat deur God Self gestuur is… soos dat hulle die leuen glo.
Mag God jou ryklik seën.
johannes_11
besoek gerus
ook http://www.familyradio.com en
http://www.timehasanend.org
of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
oor AM 1197khz ….oppi draadloos (skakel net jou rekenaar af…. Interference)
en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)
April 23, 2007 at 22:37
Ek gee tou op.
April 24, 2007 at 0:22
Solank dit net nie voor Maandag is nie – ons het ‘n belangrike vergadering waarvoor ek baie goed moes voorberei…
April 24, 2007 at 9:09
Johan S… dat ek nou so moet sukkel met my naamgenoot!
(Mat 3:4) En hy, Johannes, het ‘n kleed gedra van kameelhare en ‘n leergord om sy heupe, en sy voedsel was sprinkane en wilde heuning.
Gaan slag ‘n kameel… en jaag ‘n by…!
Lammervanger…. dit klink na ‘n kerkraadsvergadering wat na twee jaar se kommissievergaderings moet besluit of hulle die twee teels in die manstoilet moet vervang…?
Sterkte vir daai een…!
Lekka dag
Vreugde
April 24, 2007 at 14:49
Ek vermoed Jesus gaan kom, dan gaan hy weer tussen die armes woon en die owerhede gaan hom doodmaak, en as ons besef wat gebeur het gaan ons weer se^: “Oh well, maybe next time.”
April 24, 2007 at 23:21
Salig Rus….
be next time what may….?
klink of jy vry na die By
Tyd Het ‘n Einde
in Beeld….?
of may be verBy met die By
Oh well,
go well
noh hell….!?
rus salig
Maart 12, 2009 at 21:00
Ons moet elke dag sterwe sodat Christus elke dag in ons kan lewe, dus behoort daar elke dag ‘n weederkoms te wees. (1Kor 15:31 Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.)
Ons word dan weggeraap uit ons sondige lewenswandel en bevind ons deel van die hemelse roeping. (Heb 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,)
Ons word dan deel van die wolke waarin Christus geopenbaar word. (Heb 12:1 Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,)
Ons maak dan uit, Sy liggaam. (1Kor. 12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.)
Wanneer ons verwissel van die tydelike na die ewige, vind die finale wederkoms en dan vaar ons weg in die wolkeskare.