“As jy stout is gaan Antjie Somers jou kom haal en in haar groot sak stop!”
Wie is kleintyd met die bogenoemde frase gedreig om bietjie soeter te wees? Daar is ‘n paar stories oor wie Antjie Somers nou regtig was. Wat ooreenstem is dat hy ‘n “cross dresser” was. Volgens die een legende was dit ‘n rower wat homself in vroue klere vermom het en so die naam Annetjie gekry het en omdat hy meestal op warm nagte rond geloop het, die van Somers. Hy het hom dan as sy voorgedoen om ‘n lift of toegang tot ‘n vrou se huis te kry as haar man weg is, die vrou dood gemaak en die kinders in sy groot sak gesit.
Die ander storie gee vir Antjie ‘n meer humanitêre sy. Andries Somers was ‘n baie hardwerkende visserman. Eendag het daar ‘n skermutselling uitgebreek en Andries slaan iemand, wat toe met sy kop op ‘n klip dood val. Andries vermom hom toe in sy suster se sisrok en kappie . Hy verdwyn en die legende ontstaan van Antjie Somers wat eindlik ‘n man is. Alles wat verkeerd gaan word dan ook op Antjie Somers blameer.
My ma het ons met die polisie bang gemaak… As ons in die dorp ry en daar kom ‘n polisiewavan voor, moes ons weg kruip onder by die passasierssitplek se voete. Toe ek eendag vir haar vra waarom sy dit vir ons vertel het, sê sy dit was maar net om ons aandag op iets te fokus sodat ons net ‘n slag kan stilbly en ophou baklei met die sussies.
Is dit reg om bangmaak stories aan jou kinders te vertel? Kan hulle nie sielkundige skade en allerhande sulke dinge opdoen nie? Ek sê: hoekom nie? dis goed vir hul verbeelding en daar is niks so lekker soos die gekriewel in die maag van ‘n lekker spookstorie nie. Maak net seker jou kind is nie van nature angstig nie.
Wie weet wat gebeur as jy kougom insluk? ‘n Waatlemoen se pitte insluk? As jy as kind koffie drink? of swem na ete?
Jou derms knoop, waatlemoene groei by jou ore uit, jy kry vlooie in jou maag en jy sal sink. Dis maar net ‘n manier om aan kinders te sê: ” Moenie kougom kou nie, want dit kan op jou klere/ in jou hare kom, ‘n klomp waatlemoen pitte in jou maag sal jou spysvertering aantas, kaffiene is nie goed vir jou nie en julle kan nie na ete gaan swem nie, want dan rus die grootmense en daar is niemand om na julle te kyk nie. Is dit die regte manier om dit op so verbeeldingryke manier aan die kinders te sê of moet jy liewer die logiese feite vir hulle gee? En dan natuurlik wat van die Tandemuis, Vader Kersfees en die Paashaas? Het hulle nog ‘n rol om in vandag se kinders se lewens te speel?
Maart 13, 2007 at 16:59
Alba Bouwer se boek, Stories van Bergplaas(1963), verwys na Antjie Somers. Sover ek kon onthou vang sy stout kinders…
Mynsinsiens speel sulke staaltjies ‘n groot rol in die ontwikkeling van ‘n kind se verbeelding. Wil jy regtig jou kinders bang maak met die realiteit van die lewe? “My kind, as jy teen sondonder nog nie by die huis is nie, gaan ‘n man jou vang, jou aanrand/verkrag en vermoor!” Amper so ontstellend soos die Tik advertensie op MNET.
Eish, gee my Antjie Somers enige tyd.
Maart 13, 2007 at 17:14
Hi Minelli
Ek ken vir Paaiboelie! Hy is ‘n klein mannetjie wat bo in ons huis se dak gebly het (wonder waar hy deesdae bly – dink darem nie hy is nog steeds daar nie – baie vervelig in daardie huis nou met net die oumense). Hy het nogals iets gelyk soos Gollum en hy het geleef van stout kindertjies… By die paar geleenthede waar my pa in die dak iets moes doen (sy biltong wegsteek) het ons hom deeglik onder kruisverhoor geneem oor Paaiboelie se doen en late. Gewoonlik het hy in die diepste, donkerste hoekie gesit met kinderbeentjies rondom hom gestrooi. En as ons stout was, was ons (ampertjies) volgende…
Wetie nie of ek eendag my kinders sal bangmaak met sulke monsters nie. Daar is genoeg “real-life monsters” wat deesdae tussen ons rondwandel. Ek sal maar liewer gaan vir die feetjies en kaboutertjies “angle”.
As jy gaan slaap met nat hare, kry jy stink neus!
Maart 13, 2007 at 19:09
Die korporatiewe wêreld gaan jou kinders in elk geval breinspoel dat Billabong en Levi cooler is as Mr Price, dat Woolworths se kosafdeling beter is as Pick & Pay se Noname brand en dat Fender kitare beter is as al die res. Op skool gaan hulle klasmaats hulle vertel dat hulle nie cool genoeg is vir ‘n spesifieke groep nie. Infomercials gaan hulle eendag nuttelose snert laat koop en verskeie van hulle gaan die irrasionele oortuiging huldig dat een sportspan tot in alle ewigheid beter is as ‘n ander een.
“Die blou bul eet nie van die vloer af nie…”? WTF?
Ons lewe mites; dis deel van ons hedendaagse identiteit. Jy kan netsowel spookstories ook vertel – ten minste is hulle oorspronklik.
Maart 13, 2007 at 23:35
Ek het nou nog nagmerries waarin Brolloks en Bittergal die hoofrolle vertolk. Ek stem saam dat spookstories en dies meer ‘n belangrike deel van groot word is, maar as die kind hom/haarself aan die slaap lê en huil in die nag, moet ‘n mens dit in ag neem en die stories in perspektief stel.
Maart 14, 2007 at 6:52
Rendier: Ek hoop jy pas die klein rendier mooi op en lees vir hom/haar baie stories uit Alba se boek, die nie bangmaak stories ook
Jewels: Wow! klink amper of ons in dieselfde huis groot geword het!
Johan: Die ergste is mens kan nie jou kinders beskerm teen hierdie korperatiewe wereld nie. Dis orals. Jy kan nie vir hulle verduidelik dat al dra hulle maatjie Nike en hulle North Star tekkies maak dit nie van hul ‘n minderwaardige persoon nie. Dit gaan oor hoe jy dit dra. Ek het nou nou nog sielkundige letsels oor die North Stars wat ek moes dra.
Lammie: Klink my jy was ‘n sensitiewe seun. Siestog.
Maart 14, 2007 at 7:27
Dis daai bliksemse standerd een onderwyser van my se skuld. Hy het ons almal op die mat laat sit en dan vir ons voorgelees uit Brolloks en Bittergal. Hy het die gewoonte gehad om te wag dat die storie tot op ‘n spanningsvolle oomblik opgebou het, met ons wat meegesleur sit en luister, net om dan hard met sy rottang op die lessenaar te moer. Dit is oor daai voorvalle dat ek nou ‘n onreëlmatige hartklop het, reëlmatige buikbewegings het en my broer met ‘n byl doodgeslaan het.
Maart 14, 2007 at 9:30
My twee broers het baie baklei toe hulle klein was. Altwee is nog met ons so niemand het mekaar met byle doodgeslaan soos in Lammervanger se familie nie.
Die oudste een het die jongste een baie afgeknou en my Ma het gedreig om hom aan die Egiptenare te verkoop sodra hulle verby kom. Dit het gewoonlik gewerk, want hy wou nie ‘n slaaf in Egipte wees nie. Die jongste boetie het begin huil sodra my ma met die Egiptenare dreig en dan het hy sommer alles vergewe want die gedagte dat sy boetie aan hulle verkoop sou word was vir hom net een te veel.
Maart 20, 2007 at 9:15
Die storie wat ek van Antjie Somers gehoor het was dat HY ‘n plaaswerker was met ‘n spraakgebrek en HOMself dan in die nag gewreek het op die kinders wat met HOM gespot het.
Ek dink om Antjie Somers en Tandmuis en Kervader en Liewe Jesus stories endiesmeer te vertel is noodsaaklik in die ontwikkeling van ‘n kind – sure, aanvanklik maak dit hom bly/bang(terrified)/hartseer/gelowig. Maar dit leer die mens op die einde van die dag om dit wat hy gehoor het te distilleer, te substansieer en te meet aan die feitlike stimuli wat hy uit sy omgewing verkry.
Maart 20, 2007 at 13:59
My ma het het my bang gemaak met haar groen gesigmaskers, soveelso dat ek nou nog ‘n issue het met mense in kostuums. Ek kan die dag nog soos gister onthou: sy was in die bad, besig om te relax met haar masker aan en ek het gaan klop aan die deur. Sy wou seker maar net alleen wees en so-aan, maar ek was 5 en wou aandag hê. Sy maak toe die deur oop met die groen gesigmasker aan, hare in ‘n handdoek gedraai en sê met ‘n diep stem “Jaaaaaa”. Ek het myself op die balkon van die woonstel gaan toesluit en blou moord gegil. eers toe sy haar gesig gaan was het, het ek die deur weer oopgesluit. Ek’s amper 30 ek kan nogsteeds nie naby mense met kostuums/maskers stap nie. Daai mense opgedress soos selfone, of blou bere, of Oros mannetjies ens. Scarred for life!!!
Junie 10, 2009 at 17:30
as ek so lees na almal se dinge van gister jaar, maak dit my glimlag.
die besef dat storie vertel nog steeds impak het op ons maak my meer bedag op die stories wat vertel word, hetsy fiksie of waar (ware stories word diksels opgedress om nie so kras te wees vir die siel nie – ‘n mesie wat gerape is en in ‘n vlak graf gelos is vir dood is iewat erger as Skoonlief wat in die grot moes gaan vee.)
daar moet meer stories vertel word van ons generasie, vir die en wat volg. dar word te veel verloor deur agter oor te sit en tv te kyk.
maar ook nie, want hier sit ons voor die rekenaar en lees van antjie somers.
September 16, 2009 at 21:20
wow dis lekker om te google. die goed waarop mens afkom is so lekker soos choklit eet!
Skoonma het my kinders gedryg met klaasvakie tot my oudste in trane was teen slaaptyd. Dan het ek die horries gekry met die ou battle-ax.
Sy het ook vir die kinders kleintyd al vertel dat vader kersfees sommer speel speel is en als vertel van Jesus, ens ens.
Toe was die herrie eers los tussen ons, want toe haar kids klein was het hul ook geglo in v kersfees. Sy het my gesê sy sal nie jammer se vir haar GEESTELIKE DENOMINASIE NIE!
Laat ek tog nie so stuck-up raak met ‘n bolla as ek ouma word nie. Nou nog 10 jaar later wil sy d 3 girls steeds educate ipv hul net geniet terwyl hul nog klein is. En kan jul glo, sy het net 3!
September 16, 2009 at 22:21
Ek sal nooit my kinders bang maak of dreig met spook stories nie. Hulle vertrou ons tenvolle, hoekom dit teen hulle gebruik?